Donkieslagpale word vir Okahandja beplan
Donkieslagpale word vir Okahandja beplan

Donkieslagpale word vir Okahandja beplan

Inwoners het 14 dae om oor nóg 'n twyfelagtige onderneming beswaar aan te teken.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Skaars 'n maand nadat inwoners van Outjo beswaar gemaak het oor 'n donkieslagpale op die dorp, doen 'n onderneming wat na bewering deur Chinese sakemanne besit word, aansoek om 'n soortgelyke besigheid op Okahandja op te rig.

'n Kennisgewing gaan binnekort verskyn waarin Ritta Khiba Planning Consultants plaaslike goedkeuring van die Okahandja-munisipaliteit vra dat erf 780 – tans as “algemeen industrieel” gesoneer – vir die slag van donkies en verwerking van donkievleis gebruik kan word.

Die erf is in Wesstraat geleë en is sowat 3 289 m² groot.

Besware kan ingedien word binne 14 dae ná die kennisgewing wat op 15 Maart in koerante en op 'n munisipale kennisgewingbord sal verskyn.

Volgens 'n beampte van die Okahandja-munisipaliteit was die erf aanvanklik in die naam van die Chinese maatskappy Everlasting Iron Sheet Investment geregistreer. Terwyl die verdere oordrag van die eiendom nie duidelik is nie, is dit nou as Agri-nature Investment Trade geregistreer.

Die kooptransaksie van erf 780 is een van dié wat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, in 2015 gesê het moet ondersoek word nadat dit in die 2011-'12-boekjaar onwettig verkoop is.

Die erf is aan First Wall Property verkoop, 'n gesamentlike onderneming tussen 'n eiendomsagentskap en konstruksiemaatskappy wat deur Chinese sakelui Stina Wu en Song Ji Huang besit word.

'n Plaaslike dagblad het op 17 Februarie berig dat 'n forensiese oudit onderneem word oor ­verskeie twyfelagtige grondverkope deur die Okahandja-munisipaliteit.

Volgens die berig is erf 780 aan First Wall Investment verkoop, hoewel die maatskappy nie vir die grond aansoek gedoen het nie.

Volgens die berig het die forensiese ondersoekspan aanbeveel dié erf asook erf 778 wat aan First Wall Investment verkoop is, moet aan die munisipaliteit teruggegee word.

Die vraag na donkievelle neem al hoe meer in China toe, waar geglo word dit kan menopouse vertraag. Dit plaas donkiebevolkings in Suider-Afrika en ander dele van die wêreld is onder geweldige druk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!