Dood kraak kus se glaskuns
Die Steyn-egpaar bly die afgelope 16 jaar op Hentiesbaai.
Des Erasmus
Hentiesbaaiers het Sondag in 'n laaste uur hulde gebring aan wyle Douw Steyn (71), 'n bekende inwoner en een van die pilare waarop 'n tuisbedryf met afvalglas gesteun het.
Steyn het Dinsdagaand by sy huis gesterf nadat hy maande gelede met longkanker gediagnoseer was.
Sy vrou, Corrie, 'n opgeleide verpleegster, het hom tot met sy dood tuis versorg. Vir die egpaar was dit elkeen 'n tweede huwelik met kinders en stiefkinders wat veral in die laaste maande bystand verleen het. Een van wyle mnr. Steyn se dogters bly nou in die Nederlande. Sy het reeds 'n paar weke gelede op Hentiesbaai afskeid van hom kom neem.
Die Steyn-egpaar bly die afgelope 16 jaar op Hentiesbaai.
Ná Steyn se lang diensjare by die ou kraginstelling Swawek het hy afgetree en op Hentiesbaai saam met sy vrou 'n tuisbedryf, DC Glass, begin. Afvalglas is vir hul groot verskeidenheid vertoonstukke gebruik wat in baie Namibiese huise staan. In dié bedryf was Douw Steyn hoofsaaklik die insamelaar van die ru-materiaal in die vorm van afval- en weggooiglas.
Die handwerk en skeppings van die egpaar was gesog in kraampies tydens feesdae en ekspo's op Hentiesbaai en selfs omliggende dorpe.
Dit was waarvandaan hul glaskuns deur kopers na die res van Namibië en selfs Suid-Afrika versprei het. Toeriste het ook hier aandenkings gekoop.
Namate die siekte die oorhand oor Steyn gekry het, is ook by DC Glass afgeskaal.
In die 16 jaar wat hulle saam op Hentiesbaai was, het die egpaar aktief aan die gemeenskapslewe deelgeneem en naastediens gedoen. Albei was lede van die Lions, 'n diensorganisasie met juis een van sy mees aktiewe takke in Suider-Afrika op Hentiesbaai.
Dit is ook waar Corrie Steyn as verpleegster by 'n vertakking bekend as Nurses on Wheels diens gelewer het. Daarmee sal sy voortgaan. Die diens behels die tuisversorging van veral siek bejaardes en hulpbehoewendes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie