Dood loop op die lang pad
Dood loop op die lang pad

Dood loop op die lang pad

Augetto Graig
Augetto Graig - ''n Gru-ongeluk Vrydag omstreeks 13:00 sowat 54 km van Arandis op die hoofpad na Usakos, het die lewe van ''n man geëis.
Drie voertuie was betrokke en een man, mnr. James Ngoshi (38), het op die toneel gesterf. Volgens die polisie se misdaadverslag het die bestuurder van ''n sedanvoertuig alleen gereis toe hy ''n wit stasiewa probeer verbysteek het. Daar het ''n ander motor van voor gekom en die bestuurder van die sedan het glo van die pad afgery om ''n ongeluk te vermy.
"Toe hy weer op die pad probeer terugkom, is sy sedanvoertuig deur ''n aankomende bakkie getref waarna die stasiewa ook van agter teen hom gebots het," lui die verslag.
In die bakkie was ''n 50-jarige manlike bestuurder en ''n negejarige seun, terwyl die stasiewabestuurder, ''n 42-jarige vrou, se passasier ''n 18-jarige man was. Al vier het beserings opgedoen, van hulle ernstig, en hulle is na hospitale op Swakopmund en Usakos geneem vir behandeling.
Die polisie ondersoek ook ''n ongeluk wat Vrydag omstreeks 23:30 sowat 2 km buite Otjiwarpongo op die pad na Kalkfeld gebeur het. Die bestuurder van ''n sedanvoertuig het met sy vrou en vierjarige dogter gereis toe hy beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het gerol en die bestuurder, mnr. Erickson Tulela Sam (28), is op slag dood. Die ander twee inisittendes is ernstig beseer en na Windhoek oorgeplaas nadat hulle vlugtig behandeling op Otjiwarongo ontvang het.
Verder ondersoek die polisie ''n saak van roekelose of nalatige bestuur nadat ''n bakkie Saterdag omstreeks 19:00 op die grondpad tussen Okakarara en Okamatapati omgeslaan het. Die bestuurder en vier passasiers is almal beseer en in die Okakarara-staatshospitaal opgeneem, maar weens die erns van die bestuurder se beserings, is hy na ''n Windhoekse hospitaal oorgeplaas.
Saterdag omstreeks 10:45 is ''n agtjarige seun by die Onhuno T-aansluiting op die hoofpad tussen Ondangwa en Oshikango doodgery. Die polisie beweer dat hy tussen ''n groep kinders was wat die pad oorgesteek het toe hy gehuiwer het en te laat probeer oorstap het. Johannes Alfeus is op slag dood na ''n sedanvoertuig hom getref het. Sy familie is amptelik van sy dood ingelig. Die polisie het ''n saak van strafbare manslag teen die bestuurder aanhangig gemaak en die saakdossier sal na die aanklaer-generaal gestuur word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!