Dood op u2019n afstand.
Dood op u2019n afstand.

Dood op ’n afstand.

Karin Eloff
font face="Verdana" >

Toe ons in Desember laas jaar Namibië toe geëmigreer het, het ek gewonder wat gaan gebeur as iemand in Suid-Afrika doodgaan. Hoe maak mens nou? Gaan jy terug vir elke begrafnis, sorg jy dat jy “dood”-geld gereed hou, in case iemand in die familie die gees gee, gaan jy net vir sekeres se begrafnis, los jy die Spruit hier, vat jy die Spruit saam, of wat?

Maar gedagtes wat nie lekker vloei nie, los mens mos eerder - kom ons dink nie daaraan, dalk gaan dit weg.

Maar dit het nie.

Toe ek en Spruit my enigste oorlewende ouma en haar enigste oumagrootjie op die 12de Desember verlede jaar gaan groet het by die ouetehuis in Pretoria, die dag voor ons hiernatoe getrek het, het ons half geweet dit sou die laaste keer wees. Oumie was al 95 en die kanse dat sy vir ’n vinnige heen-en-weertjie Namibië toe kom om Duin 7 saam met ons te klim, was so min soos dat ek op Heino verlief raak. Ja, Heino.

Toe ons vir Oumie groet, was dit dus met knoppe in die kele. Spruit het geweet wat ek weet. Oumie kon nie meer rondrits, rolskaats of melkskommels drink nie. Om die waarheid te sê, sy was so vyf minute van bedlêend af, halfdoof, halfblind, en in haar kop reeds daar waar Oupie en haar oorlede seun is.

Ek was dus nie verbaas toe my pa my verlede week Donderdag bel om te sê Oumie is dood nie. Dit was kort ná ses in die aand, en ek moes bladsy een en twee van die koerant nog sub en lees. Maar ek kan nie konsentreer nie. My pa se trane aan die ander kant van die lyn, in ’n ander land, bly by my spook. Sy ma is dood.

Ek moes al dikwels in my lewe my emosies opsy skuif, my brein laat oorneem en eenvoudig net aangaan. Nou kom dit handig te pas. Oumie het ’n lang, gelukkige lewe gehad, daar is geen rede om hartseer te wees nie, dink ek. Ons moet die koerant klaar kry. Ek kan later in die emosies indulge.

By die huis moet ek die nuus aan Spruit oordra, wat dit gelukkig agt maande gelede reeds verwerk het. Ek bel my pa. Ons altwee rasionaliseer ook oor Oumie se lang, geseënde lewe. Daar is nie rede om hartseer te wees nie. Maar ek weet Pa is hartseer. Beide sy ouers is nou weg. En sy broer. Later besef ek die hele familie vir die begrafnis bymekaarkom - net ek en Spruit sal nie daar wees nie.

Ons is weeskinders in Namibië met nie een enkele familielid hier, behalwe mekaar nie. En begrafnisse is mos maar familiesaamtrekke, geleenthede om mense wat jou aanvaar, of hulle nou wil of nie, weer te sien. Jou clan, jou tribe.

Maar ek en Spruit is nou ’n tribe op ons eie. Dít omdat ek haar die trauma van die moord en doodslag in Joburg wou spaar. You win some, you lose some.

Oumie was een van die liefdevolste mense wat ek geken het. Nooit ’n skewe woord oor iemand gesê nie. Sy moes vir seker van al my woeste manewales geweet het, maar het my nooit veroordeel nie.

Ek het geweet sy is lief vir my soos ek is. En dit sal altyd by my wees, maak nie saak in watter land of op watter planeet ek bly nie.

Ek gaan nie dood op ’n afstand toelaat om ’n angel te hê nie.

Omdat die vibe tussen my en Oumie cool was, het haar dood nie ’n angel nie. Rus in vrede, Ouma.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!