Doodskoot van agter
’n Staatspatoloog was gister in die getuiebank in die verhoor van die Windhoeker wat van die moord op ’n Finse burger aangekla is.
Jacqueline Louw – Die hoërhof het gister gehoor dat die doodskoot op mnr. Marko Rönni hom van agter getref het.
Dit volgens getuienis van dr. Yury Vasin in Windhoek se hoërhof voor regter Christie Liebenberg in die saak van die moordbeskuldigde mnr. Rodney Shaningua.
Dié middernagtelike skietvoorval het op 9 Augustus 2015 ná ’n motorbotsing in Bellstraat in die Suidelike Industriële gebied in Windhoek plaasgevind.
Vasin, wat in St. Petersburg opgelei is, het sy post mortem-verslag aan die hof voorgelê.
Volgens dié verslag is Rönni deur twee koeëls getref. Een het deur die boonste gedeelte van sy regter boarm gegaan en nog een het hom in die rug getref.
Die noodlottige skoot het Rönni in die regter- boonste gedeelte van sy rug getref, sy long deurboor, die longslagaar afgesny en in die sagte weefsel aan die linkerkant van sy borskas vasgesteek.
Volgens Vasin dui die hoek van die koeël se pad aan dat dit van regs agter die slagoffer afgevuur is.
Hierdie getuienis stem ooreen met dié van mnr. William Nambahu, ’n vuurwapen en ballistiese deskundige van die Nasionale Forensiese Wetenskap Instituut van Namibië, wat Maandag getuig het.
Die post mortem-verslag skryf die doodsoorsaak toe aan grootskaalse bloeding as gevolg van die deurboorde long en slagaar.
Vasin het ook aan die hof verduidelik dat die koeël wat in Rönni se borskas gevind is, verwronge was.
Volgens hom was dit ’n teken dat die koeël waarskynlik eers ’n ander voorwerp getref het voordat dit die oorledene se liggaam binnegedring het, ’n mening wat gestaaf word deur die getuienis van Nambahu.
Vasin en Nambahu se getuienis dui daarop dat die skote nie van naby gevuur was nie, maar van ’n afstand verder as 80 cm.
Vasin het bygevoeg dat ’n inkstempel ook op die agterkant van sy regterhand was.
Nambahu het Maandag getuig dat al nege afgevuurde koeëls wat saam met die wapen, wat na bewering met die moord verbind word en deur die polisie aan hom oorhandig is, deur dié pistool afgevuur is.
Hy het verder gesê die skote is afgevuur op ’n afstand regs agter die voertuig waarin Rönni was.
Volgens die klagstaat het die oorledene net ná middernag op die oggend van die skietvoorval in ’n motor waarvan die beskuldigde die bestuurder was, vasgery.
Die beskuldigde het glo uit sy motor geklim en ten minste nege skote in die rigting van die oorledene, wat steeds in sy motor was, geskiet.
In sy pleitverduideliking sê Shaningua hy het uit selfverdediging geskiet.
Volgens hom het hy uit sy motor geklim om die ongeluk te bespreek toe die oorledene op hoë spoed op hom afgery kom. Hy toe glo sy pistool uitgepluk en in die rigting van Rönni se voertuig begin skiet.
Adjunk-aanklaer, generaal Karin Esterhuizen, het die staat se saak ná Vasin se kruisondervraging gesluit.
Die beskuldigde se regsverteenwoordiger, mnr. Slysken Makando, was ietwat onkant gevang deur die staat se sluiting van die saak.
Hy het die hof versoek om die saak uit te stel om hom die geleentheid te gee om duidelikheid oor sy kliënt se instruksies te kry en enige onsekerhede uit die weg te ruim.
Die verhoor sal vandag voortgesit word met Shaningua in die getuiebank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie