Doodskoot vir Bokrugby
Doodskoot vir Bokrugby

Doodskoot vir Bokrugby

Tielman van Lill
Bokkie Gerber



Springbokrugby is geknak en op sy knieë.

Die nare ervaring van verlede jaar se Wêreldbeker-bomskok teen Japan is Saterdag weer gevoel toe Italië met ''n historiese eerste toetssege van 20-18 die Bokke van 2016 ''n doodskoot gegee het.

Die Springbokke was pateties in hul gespartel om ''n teenstander, wat ''n vrotsige 13de plek op die wêreldranglys van toetsspanne beklee, te bowe te kom, wat nog te sê van klop.

As Japan ''n aspoester in wêreldrugby is, is Italië ''n stiefsuster, want al spee die Azzurri al van die 1920''s die spel, kon hulle nog nooit enige van die werklike grotes soos Nieu-Seeland, Australië, Engeland of Suid-Afrika op die toetsveld klop nie.

Nou hang die Bok-kop teen die kleedkamermuur in die Stadio Artemio Franchi in Florence.

Die Bokke was in alle fasette ondergeskik aan die vurige Italianers, maar die grootste vernedering was hoe Italië die Bokke fisiek oorweldig en tot oorgawe gedwing het.

Vir Allister Coetzee as die Springbokafrigter is dié nederlaag verdoemend. Sedert hy vroeër vanjaar Heyneke Meyer as die Bokbreier vervang het, het die Springbokke sewe van hul 11 toetse verloor. Sy wenpersentasie van 36% is nou die heel swakste van alle Bokbreiers.

Coetzee se kop sal geëis word, want so onbeholpe en onafgerig het g''n Springbokspan in die heel slegste van tye al gelyk nie. Ná verlede Saterdag se nederlaag teen Engeland en Saterdag s''n teen Italië is die Bokke se Europese toer ''n yslike ramp. Komende Saterdag speel die Bokke teen Wallis en die ondenkbare vernedering van drie verloortoetse uit drie is skielik ''n nare werklikheid.

As gister se nederlaag ontstellend vir Suid-Afrikaanse rugby is, moet die gebrek aan trots, werk­ywer en manmoedigheid SA rugby tot skaamte dryf.

Italië het met vuur in hul mae en ''n onblusbare durf die Bokke met tradisionele Springbokrugby geklop deur die fisieke fasette te oorheers, die Bokke se besit te bederf en te keer, en selfs ''n rolmaaldrie te druk.

Die baie kere wat Adriaan Strauss-hulle met die bal onder die blad ondoeltreffend op teenstanders afgestorm het in die hoop om deur hulle te hardloop, is hulle met groot doeltreffendheid afgemaai.

Met die lykskouing sal daar skerp vrae gevra word, waarvan een sal wees of Coetzee langer as hoofafrigter kan aanbly. Sy kiesbeleid en sy volharding om met smoorrugby te probeer wen eerder as om te vernuwe met ''n veel groter klem om met die bal in die hand ruimte aan te val, is die twee vernaamste aanklagte wat tot sy val kan lei.

Die groot vraag vandag op rugbymense se lippe is of Coetzee uit eie wil gaan bedank. Of gaan die rugbybase hom moet stoot? Die Springbokke se struktuurlose spel is Coetzee se skepping. Daar is ook ''n totale afwesigheid van kontinuïteit wanneer die bal gedra is. Van ''n gretigheid om enigiets skeppends te wil doen, was daar omtrent niks van te sien nie, met Willie le Roux se teenaanvalle die enigste uitsondering.

Maar as daar vandag skaamte moet wees in die Bokkamp, is dit oor hulle in die fisieke konfrontasies te dikwels tweede gekom het, en die afwesigheid van leierskap toe ''n nederlaag verdoemend begin lyk het.

Puntemakers: Italië 20 (10): Drieë: Dries van Schalkwyk,

Giovanbattista Venditti. Doelskoppe: Carlo Canna (2). Strafdoele: Edoardo

Padovani, Canna.

Suid-Afrika 18 (12): Drieë: Bryan Habana,

Damian de Allende. Doelskop: Patrick Lambie. Strafdoele: Lambie, Elton

Jantjies.-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-10-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:12, High tide: 04:24, Low Tide: 22:40, High tide: 16:38 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:22, Low Tide: 22:38, High tide: 16:36 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 43km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:10, High tide: 04:21, Low Tide: 22:38, High tide: 16:35 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° #N/A #N/A