Doodstraf vir 'n donkie is boshof se vonnis
Doodstraf vir 'n donkie is boshof se vonnis

Doodstraf vir 'n donkie is boshof se vonnis

Des Erasmus
Des Erasmus - Eros moet dood! Wanneer die vonnis van die hof van die bos van Puros in die noordweste voltrek word, kan dit ook die uitwissing van die laaste ­oorblywende troppie woestynleeus van die Hoanib meebring.

Die vang van nóg 'n donkie het nou die laaste hoop op die oorlewing van die leeumannetjie van vier jaar en ses maande in die ­Puros-omgewing laat kwyn nadat 'n vergadering op 8 April tussen verteenwoordigers van die ­ministerie van die omgewing en ­toerisme en lede van belange­groepe in die omgewing gehou is.

Daar is op die moontlike behoud van die leeutroppie besluit met ondernemings van nekbande en 'n waarskuwingstelsel teen die koms van leeus.

Maar nou het Eros nog 'n donkie van die kommunale boere gevang.

Eros was die laaste ­oorlewende mannetjie van die trop.

Die enigste ander oorlewende mannetjie in dié geweste is Kelly van die Orowau. Kelly is net drie jaar en vyf maande oud en nog nie ­geslagsryp nie.

Die Puros-gebied, veral die wyke Tomakas en Ganamub, is berug vir die uitwissing van leeus. Die ­genoemde gebiede kan saam­gelees word met Sesfontein waar leeus bedreig word.

In die onlangse skaalbank van die laksman is die ganse Huaruseb-­trop (vergiftig), Rosh en Terrace, twee volwasse mannetjies (geskiet), Onkonkwe, 'n wyfie, ook geskiet, en die res van die Okonkwe-trop (onlangs vergiftig).

Deel van die lys van uitwissing is Harry, een van die beroemde leeus van die internasionale bekroonde fliek, Vanishing Kings.

Ben, Polla, Adolf, ook van ­Vanishing Kings se Five ­Musketeers, is ook uitgewis.

'n Laaste van die Musketeers was Tullamore. Ook hy was vergiftig. Nog 'n wyfie (naam onbekend) is saam met haar twee welpe ­vergiftig.

Ook op die lys van dooies is 'n mannetjie, Kebbel, en 'n wyfie, Einstein, blykbaar albei ­vergiftig, en Bianca, 'n wyfie wat dood­geskiet is.

'n Onwettige jagter uit Angola het blykbaar nog 'n leeumannetjie by Elephant Song geskiet. Nog twee mannetjies wat as trofeë gejag is, is Leonardo by Puros en Gaob Hampton by Mbakondja.

Oor nekbande en waarskuwingstelsels teen 'n leeugevaar word beweer dat sodanige ondernemings al sedert 2015 aan die ­betrokke gemeenskappe gegee is, maar dat daar tot dusver niks daarvan geword het nie.

Daar word selfs beweer dat ­bewaringsinstansies ­onderneem het om tot die ­beskerming van die leeus by te dra, maar dat dit nie met die skenkers ­opgeneem is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!