Dorian tref Bahamas
Vyf mense het teen Dinsdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) omgekom in die sterkste storm wat die Bahamas tot nog toe getref het, berig CNN.
Huise is platgevee terwyl die storm oor die eilande talm en met die vernietiging voortgaan.
Voorspellers meen Dorian gaan nou in die rigting van die Amerikaanse deelstaat Florida beweeg, waar miljoene mense noodgedwonge hul huise moes ontruim.
Volgens The Washington Post sal die volgende paar uur deurslaggewend wees in die invloed wat die orkaan op Florida gaan hê.
Dorian het die Grand Bahama-eiland Sondagnag (plaaslike tyd) as 'n kategorie-5-orkaan getref. Dit is intussen tot kategorie 4 afgegradeer soos dit oor die eilande gekruip het en teen Maandag omstreeks 20:00 (plaaslike tyd) gaan stilstaan het, berig CNN.
Hubert Minnis, premier van die Bahamas, het die dodetal op 'n nuuskonferensie in Nassau bekend gemaak.
“Ons bevind ons in dele van die noordelike Bahamas in 'n geskiedkundige tragedie.” Hy het nie meer inligting oor die vyf slagoffers verskaf nie, behalwe dat hulle op die Abaco-eilande omgekom het en dat amptenare oproepe ontvang het van mense wat op Grand Bahama-eiland in die moeilikheid is,” berig Los Angeles Times.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie