Dorp van IS bevry
Irak
Irakse paramilitêre Hashd Shaabi-eenhede het gister die dorp Al-Qairwan van die Islamitiese Staat-groep (IS) ontset as deel van 'n operasie wat die ekstremistiese militante uit gebiede na aan die Irak-Sirië-grens moet verdryf. Nabygeleë nedersettings is ook bevry en Hashd Shaabi het beheer oor die hoofpaaie en 'n lugmagbasis oorgeneem.
Gisteroggend het troepe die dorp vir enige oorblywende militante deursoek met spanne plofstofdeskundiges wat 'n operasie van stapel gestuur het om bomme onskadelik te stel. Die dorp is in die suide van die Sinjar-provinsie, ongeveer 100 kilometer wes van Mosoel, geleë. - Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie