Dorpe moet vooraf water betaal
Die nasionale waterverskaffer stel voorafbetaalde toevoerstelsel by plaaslike owerhede in.
Augetto Graig
Die nasionale watervoorsiener, NamWater, gaan voort om voorafbetaalde stelsels in te stel om groot waterskuld van talle Namibiese dorpe te hanteer.
Volgens NamWater se woordvoerder, mnr. Johannes Shigwedha, is ses dorpe, insluitend Rundu, reeds op die stelsel en word nog 15 binnekort na die voorafbetaalde watertoevoerstelsel oorgeskakel.
Inwoners van Katima Mulilo, Rundu, Rehoboth, Karasburg, Otavi, Khorixas, Arandis, Stampriet, Maltahöhe, Keetmanshoop, Tses, Gibeon, Berseba, Witvlei en Bukaro sal binnekort sonder water moet klaarkom, tensy hul plaaslike owerhede betyds hiervoor voorsiening kan maak.
Volgens Shigwedha skuld hierdie gemeenskappe reeds gesamentlik sowat N$350 miljoen aan NamWater. Hy sê oorgang na die voorafbetaalde stelsel sal voltooi word sodra die wetlike kwessies afgehandel en ooreenkomste onderteken is.
“Tans het NamWater geen watertoevoer aan enige van sy kliënte opgeskort nie, maar NamWater beklemtoon die punt dat kliënte die verantwoordelikheid het om te betaal vir die waterdiens wat aan hulle gelewer word. NamWater sal nie sy mandaat kan nakom sonder dat kliënte hulle daartoe verbind om hul rol in die voorsiening van water te speel nie,” sê die woordvoerder.
Met die uitbreek van Covid-19 in Namibië het die regering opdrag gegee dat veral kwesbare gemeenskappe nie sonder toegang tot water gelaat mag word nie. Talle plaaslike owerhede het water verniet na veral informele nedersettings voorsien en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het hom verbind om hulle daarvoor te help betaal.
Volgens Shigwedha het NamWater ’n faktuur vir N$40 miljoen aan die ministerie gestuur vir die periode vanaf Maart tot Junie 2020. Hy sê die staatsonderneming het hiervan N$32 miljoen ontvang, namens al die betrokke plaaslike owerhede. “Die bedrag sou nog groter gewees het indien ons ’n faktuur vir die res van die jaar sou indien,” sê hy.
Volgens die ministerie het hulle egter reeds meer as N$72,5 miljoen uitbetaal na tien streeksrade en 54 plaaslike owerhede inligting voorsien het oor water wat hulle verniet aan inwoners tussen 19 Maart en 21 May 2020 beskikbaar gemaak het.
Verder het die ministerie op 9 Maart 2021 alle goewerneurs, streeksraadvoorsitters, burgemeesters en voorsitters vir dorpsrade laat weet dat die verniet toegang tot water slegs vir kwesbare gemeenskappe bedoel is, na waninterpretasie en misverstand tot verniet water toevoer vir ale burgers in sekere dorpe gelei het.
Die ministerie dring aan dat slegs arm, werklose groepe in nedersettings sonder infrastruktuur vir die meting van watertoevoer verniet water mag kry.
Streek- en plaaslike owerheidsrade is verder aangeraai om streng maatreëls in te stel om misbruik en vermorsing van water te beheer en te verminder, soos die stigting van waterkomitees, installering van voorafbetaalde watermeters, identifisering en registrasie van kwesbare of behoeftige individue, en die uitreiking van ruilmunte (tokens) vir water aan geïdentifiseerde en geregistreerde kwesbare of behoeftige individue, met beperking op die daaglikse volume water per huishouding wat verniet voorsien word.
Die ministerie moedig streek- en plaaslike owerhede aan om akkuraat boek te hou en inligtingstelsels te vestig om maklik en vinnig inligting oor watertoevoer vir eise te kan indien, veral rakende water wat ná 1 Junie 2020 aan kwesbare inwoners voorsien is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie