Dorpsraad ontken nepotisme
Die hoof uitvoerende beampte van Keetmanshoop sê ‘n minlike skikking is met huurders van munisipale kampe bereik.
Catherine Sasman - Ontevrede inwoners van Keetmanshoop voer aan die dorpsraad “straf die armes” terwyl raadslede, hul families en werknemers van die dorpsraad bevoordeel word.
Hulle wil hê die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) moet ondersoek na moontlike botsende belange in die toekenning van munisipale kampe instel.
Die inwoners, wat verkies om anoniem te bly, verwys spesifiek na die kampe wat vir ‘n verdere vyf jaar aan mense verhuur word wat reeds gevestigde belange in die dorpsraad het.
Die huurders is mnr. Clyde Kröhn (die eggenoot van die burgemeester, me. Gaudentia Kröhne), die burgemeester se skoonsuster, me. Jean Kröhne, mnr. Basil Brown (‘n voormalige burgemeester), mnr. Thomas Shatipamba (pa van die adjunkburgemeester, me. Hilia Shatipamba), mnr. Arnold Losper (voormalige burgemeester), mnr. Nimrod Swartz (werknemer van die munisipaliteit), asook mnre. Cyril Pieters, Mervin Fisch, Johan van der Merwe, Willie Kisting en Marius Blaauw.
Die hoof uitvoerende beampte van die munisipaliteit, mnr. Desmond Basson, ontken klagte van botsende belange en nepotisme.
Basson sê Clyde Kröhne het die munisipale kamp, waar hy met varke boer, gehuur voordat hy in Desember 2015 met die burgemeester getroud is. Hy sê Brown het ‘n kamp gehuur voordat hy burgemeester geword het en is N$5 per hektaar huur gevra. Brown het klaarblyklik aansoek gedoen vir die kamp terwyl hy as onderwyser werk, omdat hy van voorneme is om leerlinge vir uitstappies daarheen te neem.
Basson sê al die ander het met die munisipaliteit sake gedoen voordat die nuwe raadslede verkies is. Dit, sê hy, sluit Swartz in, wie se aanstelling by die munisipaliteit voorwaardelik is. Hy sal ook aan die einde van die jaar afstand van sy kamp doen.
Die huurooreenkoms
Die munisipaliteit het aanvanklik in Julie 2009 ooreenkomste het die huurders gesluit.
Dit het op 30 Junie 2012 ten einde geloop.
Die huurders het egter geweier om die kampe te verlaat en die munisipaliteit het met hofprosedures begin.
Die voormalige minister van streek- en plaaslike owerhede, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, het egter die dorpsraad opdrag gegee om buite die hof te skik, wat hulle gedoen het.
Basson sê ‘n deel van die skikking was om die huurders ‘n bykomende vyf jaar aan te bied.
Aan die einde van die huurtydperk sal die kampe geadverteer en verhuur word aan die persone wat die hoogste aanbiedinge maak.
Ingevolge die nuwe huurooreenkomste word die kampe teen N$5 per hektaar verhuur.
Die ontevrede inwoners voer egter aan dat die dorpsraad intussen, klaarblyklik vanweë die droogte, besluit het om die huur tot ‘n skamele N$1,50 per hektaar te verlaag en sou die situasie verbeter, sal die huurders N$2,50 per hektaar gevra word.
Basson sê as deel van die skikkingsooreenkoms het die munisipaliteit aanvanklik N$6,60 per hektaar gevra, wat die amptelike tarief volgens die Staatskoerant is. Hy sê die huurders het N$1,00 per hektaar aangebied, maar daar is ooreengekom dat hulle N$2,00 per hektaar gedurende die droogte sal betaal en N$3,30 per hektaar (sonder belasting op toegevoegde waarde) nadat goeie reën ontvang is.
“Dit maak nie ekonomiese sin om sulke tariewe te vra terwyl die dorpsraad in ‘n finansiële krisis is nie. Die raad dwing ander om hul tariewe te betaal, maar die huurders van die kampe word toegelaat om belaglike betalings te doen, terwyl die dorp ‘n goeie opbrengs uit die kampte se verhuring kon gekry het,” het een van die inwoners gesê.
Tydens die konflik tussen die munisipaliteit en die huurders is geen betalings vir die gebruik van die kampe gevra nie. Dit het ‘n verlies aan huurinkomste van N$496 849 meegebring, wat die munisipaliteit later besluit het om nie van die huurders terug te eis nie.
“Die munisipaliteit is aanvanklik aangeraai om nie betaling van die huurders te aanvaar indien ‘n ooreenkoms nie bereik kon word nie. Die aanvaarding van betaling sou daarop neerkom dat die munisipaliteit die onwettige besetting van dorpsgrond aanvaar. Geen rekeninge is aan die huurders uitgereik nie en gevolglik het die skuld nie teen hulle opgehoop nie,” het Basson gesê.
Basson sê daar word van die huurders vereis om die kampe en water-infrastruktuur in stand te hou, waarvoor hulle markverwante tariewe gehef word.
Hy sê die huurgeld is laag omdat die munisipaliteit besluit het om nie die infrastruktuur van die kampe in stand te hou nie.
Die munisipaliteit het ‘n eis van die huurders om die grond vir 99 jaar te huur, verwerp omdat dit dorpsgrond en nie plaasgrond is nie.
Daar word beweer dat sommige van die huurders permanente infrastruktuur in die munisipale kampe opgerig het “asof hulle die eienaars is”.
Basson sê enige infrastruktuur wat sonder die munisipaliteit se toestemming opgerig is, “sal aan die eienaar (die munisipaliteit) behoort,” ingevolge die vaste reëls van die huurooreenkoms.
“Die uitverhuring van kampe is nie die kernbesigheid van die raad nie en geld wat van nie-kern-sakeaktiwiteite ingevorder word, reflekteer die ekonomiese realiteit,” het Basson gesê.
“Die voorsiening van water, sanitasie, elektrisiteit en die verwydering van riool van die armste mense is die kernsakeaktiwiteit van die munisipaliteit. Dit is slegs met die invordering van geld vir kerndienste wat die munisipaliteit kan voortgaan om sake te doen,” het hy bygevoeg.
Basson sê al die kamphuurders betaal tans wat hulle verskuldig is.
“Sou bevind word dat sommige huurders ophou betaal het, sal ons die regsproses volg. Die uitstaande bedrae sal van die skuldige partye verhaal word en hulle sal uit die betrokke kampe verwyder word. Die beskikbare kampe sal dan aan die volgende persoon op die waglys aangebied word,” het Basson gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie