Dorpsraadlede 'onbekwaam'
Dorpsraadlede 'onbekwaam'

Dorpsraadlede 'onbekwaam'

Minister se opdragte nie uitgevoer
Henriette Lamprecht
Augetto Graig - Die United People''s Movement (UPM) sê die Rehoboth-dorpsraad se menslike hulpbronnebestuurder, mnr. Willy Swartz, word deur Swapo beskerm.

Die UPM sê voorts Swapo-lede wat op die dorpsraad dien, is selfs te onbekwaam “om die dorp se probleme met rioolpompe op te los”.

Swartz word van ''n reeks oortredinge waaronder bedrog en die misbruik van sy posisie beskuldig. Hy ontken alle aanklagte teen hom. Die UPM se waarnemende adjunk-sekretaris-generaal, me. Joline Jarmann-Jaftha, sê in ''n verklaring Swapo-lede op die dorpsraad voer nie opdragte van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, uit nie. Volgens Jarmann-Jaftha beplan dié raadslede ook om vandag hul dienstermyne te verleng, alvorens ingrypende voorstelle van die minister se kantoor uitgevoer kan word.

Rehoboth se dorpsraad bestaan tans uit die burgemeester, me. Christine Blaauw, adjunk-burgermeester me. Eve Maasdorp, mnr. Helpich /Uirab en mnr. Jonas Mathew wat almal lid van Swapo is. Mnr. Lenny Pienaar, me. Emma Farmer en me. Marieta Pickering verteenwoordig die UPM.

Volgens Jarmann-Jaftha beweer die Swapo-lede hulle verstaan nie Shaningwa se verslag waarin die ingrypende opdragte aan die dorpsraad vervat is nie. Volgens haar is dit ''n bewys dat hulle onbevoeg is om die dorp uit sy huidige krisis te lei.

“Die UPM wil hê die minister van stedelike en landelike ontwikkeling moet die herinhuldiging van ampsdraers by die Rehoboth-dorpsraad stopsit, totdat die verslag van die minister ten volle geïmplementeer word. As die seremonie voortgaan, sal die UPM-raadslede nie deel wees van Vrydag se verrigtinge nie,” het sy gesê.

Sy het voorts uitgewys die Rehoboth-dorpsraad het vanjaar nie die aanbevole aantal vergaderings gehou soos wat die wet op plaaslike owerhede vereis nie.

“Die versuim om die vereiste vergaderings te hou, is ''n bron van groot kommer omdat dit die inwoners is wat daaronder ly," het sy gesê.

Meer as die helfte van Rehoboth se dorpsraadbestuur is tans geskors, met binnegevegte wat dienslewering lamlê. Die hoof uitvoerende beampte, mnr. Christoph /Uirab, word tans ondersoek in verband met ''n reeks klagte wat onder meer seksuele teistering insluit. Ontevrede inwoners het verlede week na die dorpsraad se kantore opgeruk en die hekke met kettings gesluit. Dit is voorafgegaan deur ''n staking deur personeel oor ''n misverstand en geen kommunikasie oor hul verwagte 10%-verhoging nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!