Dors, hitte eis 2 kinders in Suide
Dors, hitte eis 2 kinders in Suide

Dors, hitte eis 2 kinders in Suide

Twee kinders het tragies gesterf toe hulle na ’n plaas voetgeslaan het om Nuwejaar te vier.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië is die naweek geruk deur die dood van twee jong kinders wat in die veld weens vermoedelik dors en hitte-uitputting omgekom het toe hulle saam met ’n ouer familied en twee tieners van Tses af na ’n plaas 40 km daarvandaan gestap het.

Hulle is die vyfjarige Lentina Kooper en die negejarige Lawrencias Thobias.

Lentina se ma, me. Teresia Kooper (50), het op Oujaarsdag met haar en die drie kinders van mnr. Domenikus en me. Tessa Thobias, na ’n distrikspad buite Tses gestap in die hoop om ’n saamrygeleentheid na die plaas Grysholde te kry. Hulle wou die koms van die nuwe jaar daar vier.

Kooper en die Thobiasse is familie.

Die Thobias-egpaar se ander twee kinders wat haar saam met hul kleinboet vergesel het, is Jemima en Immanuel Thobias (15 en 13), het hoofspeurinspekteur Jesaias Higoam uit Keetmanshoop aan Republikein gesê.

Volgens hom het die Thobiasse laat op Nuwejaarsdag bekommerd geraak toe dit blyk Kooper het nooit met die kinders op Grysholde aangekom nie.

Hy sê ’n soekgeselskap bestaande uit polisiebeamptes van Tses en Keetmanshoop, asook gemeenskapslede van Tses het vroeg op Donderdag 2 Januarie na die vyf mense begin soek.

“Dit blyk dat toe Kooper nie vir hulle ’n saamrygeleentheid kon kry nie, hulle besluit het om met ’n kortpad deur die veld na die plaas te stap,” sê hy.

Volgens hom is Kooper eerste sowat 30 km vanaf Tses in ’n uitgeputte toestand gevind, en drie van die kinders is later dieselfde dag sowat 7 km daarvandaan onder ’n boom gekry.

“Die vyfjarige meisie was reeds dood en die twee ouer kinders was baie swak van die dors, honger en hitte,” sê hy.

Die oorlewendes is na die staatshospitaal op Keetmanshoop vir behandeling geneem.

Vrydag het die soekgeselskap die heuwelagtige landskap opnuut gefynkam in die hoop om Lawrencias te vind. Teen skemeraand was daar nog geen teken van hom nie en moes die soektog tot die volgende oggend gestaak word.

Sy ontbinde liggaam is Saterdag omstreeks 11:00 gevind, ’n hele ent van waar die ander drie kinders gekry is.

Higoam sê Lawrencias het die ander vier agtergelaat en was op pad terug Tses toe om hulp te gaan soek toe hy beswyk het.

Geen begrafnisreëlings is al bekend nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!