Dosent bly agter tralies
Kenya Kambowe – Geen borgtog is in die Rundu-landdroshof aan ’n dosent verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) toegestaan, wat twee broers na bewering geskiet en gewond het nie.
Mnr. Nelson Antonio (44), verbonde aan Unam se Rundu-kampus, se saak is tot 15 Januarie uitgestel.
Antonio staan tereg op twee klagte van poging tot moord ná hy mnre. Moses en Gerson Batista, beide 25, glo op 3 Desember in die Kehemu-woonbuurt op die dorp geskiet het.
Die twee slagoffers is familie van Antonio se eksmeisie en het glo ten tyde van die voorval haar motor bestuur.
Antonio is ook daarvan aangekla dat hy ‘n wapen in die openbaar laat afvuur het, asook van kwaadwillige saakbeskadiging.
Sy prokureur, mnr. Ricardo Mukonda, het aangevoer Antonio het uit selfverdediging opgetree en behoort derhalwe borgtog te kry.
Antonio het tydens kruisondervraging gesê hy het in sy motor gesit toe drie mans, insluitende die twee slagoffers, hom daaruit gepluk het, op die grond gegooi en geslaan het.
Volgens hom het hy waarskuwingskote in die lug afgevuur. Hy moes egter ook op die slagoffers skiet, aangesien een van hulle op pad na hul motor was om ‘n panga te gaan haal.
Antonio het voorts getuig hy het 10 kinders, waarvan vyf tans by hom woon.
Hy behoort dus op borgtog vrygelaat te word sodat hy kan voortgaan om vir hulle te sorg, het hy aangevoer.
‘Magasyn leeggeskiet’
Landdros Hellen Olaiya het gesê Antonio het sy hele magasyn met 15 patrone leeggeskiet en dít dui nie op selfverdediging nie.
Olaiya was ook nie oortuig daarvan dat hy vir sy kinders moet sorg nie, aangesien sy verlede jaar ‘n onderhoudsaak teen hom moes verhoor, het sy gesê.
Die staatsaanklaer, me. Emma Mayavero, het Antonio se borgtogaansoek weens die ernstige aard van die beweerde misdaad teengestaan.
Sou hy borgtog kry, sal dit die publiek se vertroue in die regstelsel ondermyn, het sy gesê.
Die moontlikheid bestaan boonop dat Antonio direk of indirek met die polisie se ondersoek sal inmeng, wat in ‘n vroeë stadium is, het sy aangevoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie