Dosyne is vasgetrap ná ­petalje by begraafplaas

Misdaad
Tanja Bause
Tanja Bause – Die Namibiese polisie het Saterdag 'n stewige groep van 27 mans by 'n huis in Khomasdal in hegtenis geneem.

Die arrestasies omstreeks 16:15 by 'n huis in Randstraat volg nadat dié groep na bewering vroeër die dag by die Gammams-begraafplaas in Pionierspark 'n begrafnis bygewoon het, het hoofinspekteur Elifas Kuwinga bevestig.

'n Video wat op sosiale media versprei is, wys die skare wat by die begraafplaas byeengekom het. Die video wys voertuie wat in die straat getol word, terwyl een man wys met 'n pistool skote in die lug afvuur.

“Ons het 27 mans die namiddag by 'n huis in Randstraat in hegtenis geneem, onder andere die man wat die skote afgevuur het,” het Kuwinga gesê.

Die verdagtes is van die oortreding van die wet op openbare gesondheid rakende byeenkomste aangekla.

Volgens kommentare op sosiale media was die begrafnis van ene Boss Lee, wat glo in 'n motorongeluk oorlede is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!