Dr. Eve se seksboek vir jongmense
Hierdie is die gids waarvoor baie jongmense en ouers gewag het, want dit spreek die vele kwessies oor seksualiteit aan wat hulle meestal moeilik vind om met mekaar te bespreek. Dr. Marlene Wasserman, bekende seksioloog, praat reguit met tieners oor seks – die biologiese veranderinge en kliniese aspekte van hul liggame.
Verder praat sy oor voorkoms, selfbeeld, seksualiteit, voorbehoedmiddels, tienerswangerskappe, MIV, vigs en ander seksueel oordraagbare infeksies. Seksuele geweld, seksuele misbruik, veilige seksuele gebruike, die emosionele en morele sy van seksueel aktief wees en die invloed van groepsdruk, geld en ander tegnologiese middels en hul hedendaagse manifestasies word ook bespreek.
Die vyf hoofafdelings van die boek is Jou lewe as ‘n tiener, Jou liggaam, Liefde en verhoudings, Seksualiteit, ‘n Gesonde liggaam en ‘n Gesonde gees. Marlene Wasserman (Dr. Eve) is ‘n verhoudings- en seksterapeut en kliniese seksioloog in private praktyk.
Sy het haar beroep begin deur ‘n B.A. Maatskaplike Werk Hons-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand te verwerf. Nadat sy ‘n Meestersgraad in kliniese sosiale werk met spesialisering in gesinsterapie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal het, word sy ‘n internasionaal geakkrediteerde verhoudings- en seksterapeut.
In 2000 verwerf Marlene ‘n doktorsgraad aan die Institute of Advanced Studies in Human Sexuality in San Francisco. Marelene is ‘n ouer, ‘n maat, ‘n persoon. Buiten haar praktyk, wat sy volgens internasionale standaarde vir kliniese werk bedryf, is sy ook ‘n skrywer, opvoeder, mediapersoonlikheid en seksaktivis.
Sy wy haar lewe daaraan om met passie op te voed, in te lig en te verseker dat alle mense seksuele en voortplantingsregte geniet en respekteer. Dr. Eve se seksboek vir jongmense (ISBN: 0798145919) is deur NB Publishers gepubliseer en by meeste boekwinkels beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie