Dr. Jan Woest sterf in hospitaal
Dr. Jan Woest sterf in hospitaal

Dr. Jan Woest sterf in hospitaal

Francoise Steynberg
Die geliefde afgetrede NG Kerk-leraar, dr. Jan Woest (61), is vanoggend in die Rooms Katolieke Hospitaal in die hoofstad oorlede nadat hy Maandag in 'n skietongeluk was.

Die NG Kerk in Namibië het pas bevestig dat hul geliefde oudpredikant in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal gesterf het.

"Ons wil graag almal bedank vir die meelewing in die tyd. 'n Spesiale woord van dank vir die tientalle mense wat gaan bloed skenk het om vir Jan te ondersteun. Ons weet dat hy sou gesê het 'dis hoe die kerk van die Here lyk.' Ons bid saam vir Nicolene, sy kinders en geliefdes," sê die NG Kerk.

Volgens sy vriend en algemene sekretaris van die NG Kerk in Namibië, ds. Thijs van der Merwe, was Woest Maandagmiddag in die veld op sy plaas toe hy in sy voertuig die 30.06-jaggeweer agter sy kussing ingesit en ‘n skoot per ongeluk afgegaan het.

Die skoot het glo van agter deur Woest se boud en bekken gegaan en by sy bobeen uitgekom. Sy slagaar en ander are in dié area is afgeskiet wat geweldige bloeding veroorsaak het.

Woest was Maandag en gister in die teater om die bloedverlies te probeer stop.


Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!