Draf en ander tragikomedies
Hoekom noem hulle dit ’n pretdraf? Is dit ’n grappie? Om op die bank voor die TV te lê, is pret. Maar draf?!
Die eerste keer wat ek nou, in Desember laas jaar, weer as volwassene begin draf het, was nie lekker nie.
Maar die eerste keer wat ek sigarette agter die skool se paviljoen gerook het, was ook nie lekker nie. Die eerste keer wat ek seks gehad het, was nie eers lekker nie. En die eerste keer wat ek coke geschnarf het, was ook nie lekker nie. Maar, soos met alle verslawings, het ek nou al geleer mens moet net aanhou tot dit vir jou lekker is. Tot dit vir jou só lekker is dat jy nie kan ophou nie. Ek hoop maar dit werk so met gesonde verslawings ook. Ek's bevrees ek's nog nie dáár nie.
Ek het laas gedraf toe ek in my eerste jaar op universiteit was. Ek en my boyfriend het in ’n veldjie agter Cresta-sentrum dagga gerook toe die polisie verbygery het. Toe draf ons ’n bietjie.
En nou is dit weer sulke tyd: My lewe kan nie net om Spruit draai nie, het ek besef. So stadigaan moet ek ook my eie lewe begin bou, wat nie om haar of my werk draai nie. So, ek het onderneem om meer sosiaal te wees, aan pretdrawwe te begin deelneem, en ’n orkes met my tjello te join.
Die moeilikste van dié drie goed is die drafding. Nevermind die fisieke handeling van jou een voet voor jou ander sit, boonop met ’n soort wippie in jou stappie/draffie, jy moet nog oortuigend probeer lyk ook, want draf kan mens ongelukkig nie in die privaatheid van jou badkamer doen nie.
Nee, jy moet dit ongelukkig in die buitelug doen, daar waar ander mense ook draf. Daar waar karre met gemaklike insittendes verby jou kan ry, waar honde agter staalhekke vir jou kan lag, en ander jou van hul sypaadjie wil afjaag, waar mense op boupersele jou uitcheck en dik ooms in bakkies verbyry en besluit jy lyk beter van ver as van naby.
Jy wil van die begin af so goed lyk as wat jy kan. Veral as jy dalk op jou gesig gaan val omdat jy net nie meer jou voete kan optel nie, dan wil jy darem hê jou outfit moet mooi lyk daar waar jy met jou gesig op die teer lê en wag dat ’n kar oor jou ry.
Ongelukkig is dit stééds Januworry (in ons huis is dit any way elke maand Januworry) en geld vir ’n nuwe outfit is daar nie. Die enigste geskikte broek wat ek het, is amper 15 jaar gelede se uitgerekte kraamsweetpakbroekie waarin ek steeds slaap. Gelukkig het ek Spruit se memory foam-tekkies geërf toe sy ’n nommer 6 verbygesteek het, en ek hét darem nog ’n Mr. Price-sportbra van daai een Desember-vakansie se gym-poging iewers in ’n vorige lewe.
Ek's toe nou uiteindelik reg om in die pad te val. Maar nou moet mens mos ’n styl ook hê. Jy kan nie net draf nie, jy moet kind of cool lyk ook nog. Asof jy weet wat jy doen. Ek het al mense gesien wat lyk of hulle maagwerkings probeer inhou soos hulle draf, en mense wat lyk of hulle seekatte probeer wees, en ek wil net nie een van daais wees nie. Namate ek om die blok vorder, besef ek toe my styl is die skilpadstyl. Ek probeer eintlik net so min as moontlik beweeg. Maar ten spyte hiervan het die snot, sweet, spoeg én ander goeters gespat daai eerste keer om ons 500 m-blokkie. En ek wou net opgooi.
Maar, soos ek sê, is ek goed daarmee om aan te hou met goed wat nie vir my lekker is nie, en ek maak darem nou al 2 km sonder om te val of op te gooi.
Soos Forrest Gump gesê het: "My mama always said you've got to put the past behind you before you can move on."
Miskien move mens dan vinniger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie