Draffie by Avis beloof ’n ware avontuur

Veldlope
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die Standard Bank Winter X-Trail reeks van vier byeenkomste het verlede maand met die K-H X-Trail byeenkoms in die Khomas Hochland afgeskop, waar deelnemers op ’n vasgestelde roete in die natuur kon draf of stap.

Die tweede kompetisie word komende Sondag by die Avisdam aangebied. Die organiseerders, OTB Sport, verwag tussen 500 en 600 deelnemers en atlete wat óf die 7 kilometer óf die 15.5 km-roete kan kies.

Die volgende Windhoek Light X-Trail byeenkoms vind eers aanstaande maand (4 Augustus) by die Midgard-landgoed noordoos van die hoofstad plaas en ter afsluiting word The Dunes X-Trail-byeenkoms op 21 September by Swakopmund afgehandel.

OTB Sport, wat die Avis-uitstappie organiseer, sê deelnemers kan hulself vir ’n avontuur by Eagle’s Beer Garden en die omgewing voorberei.

“Ons het opnuut nuwe en wisselende roetes in vergelyking met vorige jare gekies, sodat selfs die mense wat gereelde besoekers aan Avisdam is, iets nuuts en uniek sal ervaar.

“Die roete bestaan uit voetpaadjies en tweespoorpaadjies met ’n paar steil klimgedeeltes en dan is daar natuurlik die uitsig van panoramas wat jou asem kan wegslaan,” vertel die organiseerders.

Die roetes begin en eindig by Eagle’s Beer Garden langs Avisdam, waar honger deelnemers ná die kompetisie rustig in die natuur kan ontspan en aan heerlike Jamaikaanse disse en ander lekkernye soos pizzas, burgers en ribbetjies met koue drinkgoed die res van die dag met goeie musiek kan kuier. Die kompetisie beloof om weereens ’n fantastiese dag te wees om saam met familie en vriende te ontspan.

Meer inligting kan aanlyn by www.otbsport.com verkry word en deelnemers kan ook daar inskryf. Die eerste 500 inskrywings sal elkeen ’n sportsak ontvang en belangstellendes moet in ag neem dat die inskrywings môre sluit.

Deelnemers aan die 15.5 km roete spring Sondag om 08:30 weg en die drawwers en stappers wat die 7 km-roete verkies het, sal ’n halfuur later in die pad val. Die prysuitdeling is om 12:00 bestem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!