Dragtige ietermagô uit drom gered
Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.
Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare & Endangered Spesies Trust (Rest) buite Outjo, het sy baie laat een aand ’n oproep ontvang dat die Nyime-teenstropingseenheid ’n ietermagô in ’n drom op ’n plaas buite Okahandja ontdek het.
“Die ietermagôsmous het haar vir ten minste drie dae in ’n drom gesit terwyl hy op ’n koper gewag het,” het Diekmann gister aan Republikein gesê.
“Kanse op oorlewing vir die ietermagô is dan skraal en ons het die ergste verwag.”
Diekmann het in die nag na die plaas gejaag en daarná met die ietermagô Windhoek toe, na die Rhino Park-veeartsenykliniek.
“Die veearts het bloedtoetse gedoen, X-strale geneem en medisyne verskaf. Ek het teruggery Outjo toe waar ek omstreeks 03:00 aangekom het, want ek wou haar nie ontwrig en in ’n kliniek laat wakker word nie,” vertel Diekmann.
Terug by Rest het Emily, soos Diekmann die ietermagô gedoop het, goed aangepas en begin eet en water drink.
“Diere soos hierdie moet ten minste vir ’n week op medikasie wees, en my span weet presies hoe om na ietermagôs om te sien en aandag en liefde aan hulle te skenk."
Emily is met ’n opsporingstoestel toegerus en bloedtoetse is weer gedoen om haar toestand te bepaal voor sy vrygelaat is.
“Ons het haar ’n week gelede op ’n veilige plek vrygelaat waar daar water, bome en baie kos vir haar is,” het Diekmann gesê.
Die Rest-span sal gereeld vir Emily gaan kuier om haar te monitor.
“Die goeie nuus is dat Emily boonop dragtig is.”
Diekmann het gesê ietermagôs kry veral nou tydens die droogte baie swaar wanneer daar min termiete vir hulle is om te eet.
Ietermagôs word meer as enige ander wilde soogdier in die wêreld onwettig gesmokkel en mee handel gedryf.
Na raming is meer as ’n miljoen diere in die afgelope dekade na Asië, hoofsaaklik China, uitgesmokkel.
Dit is sowat 20 ton ietermagôs of ietermagô-dele jaarliks.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie