Drankkrane oop
Denver Kisting – Van 12:00 vandag mag Namibiërs vir die eerste keer in meer as twee maande weer drank verkoop en koop.
Dít kom nadat die land om middernag fase 3 van die noodtoestand betree het om die uitbreking van Covid-19 te beveg.
Dié fase gaan met die verslapping van sekere regulasies gepaard – insluitend handel in alkohol wat tot dusver verbode was.
Drankwinkels en sjebeens mag Maandae tot Vrydae tussen 12:00 en 18:00 drank uitsluitlik vir wegneemdoeleindes verkoop.
Saterdae geld dié vergunning tussen 09:00 en 13:00.
Die koop en verkoop van drank sal steeds op Sondae en openbare vakansiedae verbode wees.
Drank mag van vandag af by hotelle en restaurante geniet word mits dié instellings by die ander gesondheidsriglyne hou om die pandemie te bestry.
’n Boete van N$2 000 of ses maande se gevangenisstraf of albei staar oortreders van die regulasies in die gesig.
Hiernaas mag ’n gemagtigde beampte beslag lê op drank wat vermoedelik teenstrydig met die regulasies bekom is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie