Drawwers, ryers gewaarsku om paraat te wees
Fietsry
Tielman van Lill
Onrusbarende aanvalle op mense in die hoofstad het die afgelope maande weer opgevlam, waar stappers en fietsryers aangeval en van hul persoonlike besittings beroof is.
’n Ruk gelede het ’n man wat met sy honde gaan stap het, sy lewe by Avisdam verloor en meer onlangs is fietsryers op die Kupferbergpad aangeval en beroof. Al hierdie voorvalle het in die namiddae ná werk gebeur.
Hentie Hough was een slagoffer wat laat in Julie om 18:20 op die nuwe verbypad na die Kupferbergpad met net sy fietsryklere gelos was nadat hy in ’n lokval gelei en deur ’n bende van vyf jong mans getakel is.
Hough is met ’n mes in die arm gesteek, geslaan en geskop. Hoewel hy probeer terugbaklei het, was die oormag eenvoudig te groot. Hy het met sy lewe daarvan afgekom, maar is van sy fietsryskoene, bergfiets, GPS, horlosie, ring en selfoon beroof.
Meer onlangs, in Augustus, het Ernst Venzke en sy swaer, Ben Theron, deel van die misdaadstatistiek geword toe hulle ook op die nuwe verbypad na die Kupferbergpad beroof is. Anders as in Hough se geval, was die vyf misdadigers nie te voet nie, maar wel gerat om met ’n swart VW Golf (N48040W) weg te jaag nadat Venzke en Theron omstreeks 18:15 voorgelê is.
Venzke sê hulle is ook met messe gedreig, asook geskop en geslaan. Hul fietse se bande is stukkend gesteek, maar nie gesteel nie. Genadiglik het ’n aankomende bakkie vanuit die westekant Venzke en Theron van verdere trauma gered en die boosdoeners het op die vlug geslaan sonder om meer waardevolle artikels te kan steel.
Hough sê: “Die Kupferberggebied is die ideale omgewing waar kriminele jou ongesiens kan inwag. Die nuwe gedeelte van die verbypad wat by die Kupferbergpad aansluit, maak twee steil bulte waarteen jy moet uit. Ek was besig om stadig teen die tweede bult op te ry, toe ek voel iemand gryp my selfoon uit my fietsryhemp se agtersak.
“Ek het die fout gemaak om hom agterna te sit om my selfoon terug te kry. Maar toe ek by die plek kom waarheen hy my in ’n lokval gelei het, was daar skielik vyf van hulle en nie net meer een nie.
“Dit het alles baie vinnig gebeur. Ek het myself probeer verdedig, maar is geskop en geslaan. Een ou het van agter af gekom en my met ’n mes in my linkerboarm gesteek. Almal van hulle was met messe gewapen en hoe baklei jy teen vyf mans met messe? Ek het toe maar oorgegee, maar dit het nie daar geëindig nie.
“Hulle wou die pin-nommer van my bankkaart weet en wou geld vir hulself stuur. Gelukkig het ek nie ’n banktoep op my foon nie. Toe hulle dit nie kry nie, het hulle my gelos en verkas.
“Ek het die saak by Nampol aangemeld. Ek is wel deur die polisie vir meer inligting gekontak, maar het nog nie weer van hulle gehoor nie. As mense ry, steek maar jou selfoon weg, want hulle gaan dit in jou fietsryhemp sien en daarvoor gaan.
“Gebruik ’n ou selfoon waarmee jy kan bel en ’n boodskap stuur, want hierdie kriminele soek nie net ’n foon nie, maar toestelle met data en banktoeps waarmee hulle geld in die hande kan kry.
“Ek raai mense aan om nie eens daaraan te dink om terug te baklei nie. Vergeet van jou selfoon wat jy verloor. Dink eerder aan jou lewe en wat jy wel nog het. Ek dink hoe ek met alles kon weggekom het as ek nie die man agtervolg het nie. So, moenie doen wat ek gedoen het nie. Vlug so gou en vinnig as moontlik na ’n veilige plek.
“Ek raai mense ten sterkste aan om paraat te wees. Kies veiliger roetes. Ry in groot groepe en vermy dit om alleen die pad aan te durf. Veilig ry,” het Hough aan Republikein gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie