DREAMS bemagtig jong meisies
Volgens ’n studie het die Zambezistreek die hoogste voorkoms van MIV onder volwassenes tussen 15 en 64 jaar.
Die Zambezistreek is die derde in Namibië om die DREAMS-program implementeer.
Sedert Julie is 1 300 tienermeisies in dié streek deel van die program.
Dit sluit 850 meisies van 9 tot 14 jaar in, 330 van 15 tot 19 jaar, en 125 van 20 tot 24 jaar.
Die doel van die program is om MIV-infekterings onder tienermeisies en jong vroue te verminder. Finansiering vir die DREAMS-program in drie streke word deur die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) behartig.
Volgens die Namibiese bevolkingsgebaseerde MIV-impakstudie (Namphia), wat in Julie vanjaar vrygestel is, het die Zambezistreek die hoogste voorkoms van MIV onder volwassenes tussen 15 en 64 jaar.
“Iemand wat in die streek positief vir MIV toets, word gou op behandeling geplaas en gaan voort om sy of haar medikasie te neem. Dit beteken die oomblik wanneer die virale lading onderdruk is, kan die virus nie oorgedra word nie, en kan die persoon ‘n lang en gesonde lewe lei,” het die Amerikaanse ambassadeur, me. Lisa Johnson, gesê.
Die DREAMS-program in die Zambezistreek is geïmplementeer deur I-TECH Namibia, in samewerking met onder meer die ministeries van gesondheid en maatskaplike dienste, onderwys, kuns en kultuur, asook geslagsgelykheid en kinderwelsyn.
“Die suksesvolle behandeling van MIV in die streek is ‘n sukses danksy die toewyding van verskaffers van gesondheidsdienste, vennote, die ondersteunende ministeries sowel as gemeenskappe. Dit is wat die koers van die MIV-epidemie in die streek verander het,” het Johnson beklemtoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie