Drenkelingboeties se name bekend
Die afgelope naweek was ’n swart naweek vir Namibiese kinders.
Denver Kisting - Die twee broers wat Sondagmiddag in die munisipale swembad in Olympia in Windhoek verdrink het, is Saurez Swartbooi (4) en die sesjarige Rejim Kahuika.
Die polisie het gister gesê die drenkelinge was ten tyde van die tragedie in hul ma se geselskap.
AO. Immanuel Iidiwa, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisieondersoek na die voorval Sondag omstreeks 16:45 in die munisipale swembad duur voort.
Die polisie se lykswa het die liggame kort ná die voorval na die lykshuis vervoer.
Nóg ’n verdrinking
Intussen het mnr. Richard Titus (24) ook Saterdag verdrink.
Volgens Iiduwa het hy, ’n ouer broer van hom en vriende omstreeks 13:30 op dié dag in die Oranjerivier naby Aussenkehr geswem toe die voorval plaasgevind het.
Titus se liggaam is na wat verneem word steeds nie opgespoor nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie