Dreyer waag geen kanse teen Suburbs

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Afrigter Vince Dreyer het 'n sterk span in die veld gestoot vir die verdedigende kampioen FNB Wanderers se besoek aan Khomasdal môre in ronde 4 van vanjaar se premierliga van die Namibië Rugby (NRU).

FNB Western Suburbs wag môre die Wit Hingste in (17:00) vir die hervatting nadat al sewe klubs oor die Paasnaweek 'n ruskans geniet het.

Verlede jaar het Wanderers 'n droogte verbreek om die gesogte trofee weer omhoog te hou – ondanks die feit dat hy beide sy weg- en tuiswedstryd teen Suburbs verloor het. Daar sal dus nie sprake wees om die groen-en wittes te onderskat, wat vanjaar deur Llewellyn Winkler afgerig word nie.

FNB Wanderers: 15 Léan Stoop, 14 Nandivatu Karuuombe, 13 Jamie Joseph, 12 Brandon Groenewald, 11 Tuna Amutenya, 10 MP Pretorius, 9 Dian van Solms, 8 Driaan Vorster, 7 Christo van der Merwe, 6 Johan Meyer, 5 Stef Botha, 4 Kevin Vorster, 3 Quintin Esterhuizen (k), 2 Stefan Hattingh, 1 Nian Berg.

Reserwes: Petri Burger, Ignus Tripodi, Dirk de Meyer, Riaan de Klerk, Jacques Theron, Francois Coetzee, Bredell Wessels.

• Die voorloper FNB Unam is die ander onoorwonne span, wat môre sy storie sal moet ken teen die besoekende Rehoboth (17:00).

Die Rooi Bulle is propvol selfvertroue nadat hulle twee naweke gelede die gedugte Trustco United laat ontspoor en met vier punte gewen het.

Afrigter David Philander het een verandering aan sy wenspan aangebring. Allister Groenewaldt skuif van slot na flank in die plek van Chase Diergaardt, wat sy rug Dinsdagaand op die oefenveld beseer het. Elroy van Wyk wat op die bank was teen United neem Groenewaldt se plek in.

Rehoboth: 15 Xavier van Wyk, 14 Paulus Hangula, 13 Hillian Beukes, 12 Henrique Olivier, 11 Brandon Dentlinger, 10 Ascher Coetzee, 9 Howard Titus, 8 Johann Wohler, 7 Allister Groenewaldt, 6 Lloyd van Wyk, 5 Titus Mathias, 4 Elroy Van Wyk, 3 Kevin Cloete, 2 Udo Mall, 1 Delano Coetzee

Reserwes: Chemegan Beukes, Francois Visagie, Chester Diergaardt, Max Anderson, Julian Afrikaner, Deselvano Beukes, Deslee Beukes.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!