Dreyer word Hingste-afrigter in 2018
Rugby
Andrew Poolman - 'n Derde hoofafrigter in minder as twee jaar neem in die afseisoen beheer by Wanderers rugbyklub.
Vince Dreyer, voormalige nasionale heelagter asook sewesspeler, het spanne soos die Namibiese o.18 Cravenweekspan asook Windhoek Gimnasium en Trustco United op sy CV.
Dreyer is geen onbekende by Wanderers nie, nadat hy reeds gedurende die afgelope seisoen as die agterlyn-afrigter betrek was.
Charl du Toit het vroeg vanjaar as Wanderers se hoofafrigter oorgeneem toe JP Nel opgeroep is om die agterlyn van die Windhoek Draught Welwitschias te slyp. Du Toit is egter intussen op pad na Dubai waar sy vrou 'n werkaanbod aanvaar het.
Tinus du Plessis, 33-jarige Namibiese losvoorspeler wat in die laaste drie Wêreldbekertoernooie gespeel het, sal beheer van die Wit Hingste se voorspeler-fasette neem.
Wanderers het ook afskeid geneem van sy spanbestuurder Dirk Human, wat na Keetmanshoop verhuis en vasberade is dat rugby in die suide van die land weer tot sy reg moet kom.
• Die Namibiese flank Rohan Kitshoff is as Wanderers rugbyklub se sportman van die jaar vereer.
Kitshoff was kaptein van die Namibiese span wat die Afrika-bekertrofee vir die vierde opeenvolgende jaar gewen het. Kitshoff het vanjaar 'n verstommende sewe drieë in vyf toetse gedruk en sy totaal van 20 drieë in 35 toetse plaas hom nou vierde op die Namibiese rekordlys. Net Gerhard Mans (27), Chrysander Botha (22) en Eden Meyer (21) is voor hom.
Nog 'n losvoorspeler wat vanjaar sy toetsdebuut gemaak het, die 21-jarige Adriaan Booysen, is as Wanderers se voorste voorspeler aangewys, met die heelagter Jamie Joseph as die beste agterspeler.
Ander pryswenners was:
Spelers se speler van die jaar: Tiaan Bindeman.
Beste junior speler: Janry du Toit.
Mees lojale speler: Johan Meyer.
Mees toegewyde speler: JC du Plessis.
Beste ontluikende speler: Stiaan van der Merwe.
Mees bestendige speler: Dirk de Meyer.
Beste tweedespanspeler: Dawn Marondedze.
Beste vordering in die tweede span: Frans van Wyk.
Ondersteuner van die jaar: Oom Daantjie Louw.
Span van die jaar: tweede span, wenners van die NRU reserweliga.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie