Dörgeloh en Savage hou 2019-titels

Die nasionale mans- en vroue­span is ook bekend gemaak.
Die jaarlikse Namibiese nasio­nale muurbalkampioenskap is laas naweek by die SFC-muurbalklub op Swakopmund afgehandel.

Die klub se voorsitter, Rudi Koekemoer, sê altesame 46 van die land se voorste spelers uit elke uithoek van Namibië het deelgeneem aan een van die spoggeleenthede onder die vaandel van die Namibiese Muurbalvereniging (NSA).

Uit die 96 wedstryde vir die naweek was die kollig ook om Namibië se beste mans en vroue te kies vir deelname aan die Growthpoint interprovinsiale toernooi in Suid-Afrika volgende maand, asook ander moontlike internasionale toernooie.

In die manseindstryd het Norbert Dörgeloh die knoop deurgehaak ná 'n asemrowende stryd teen Max Endjala waarin beide spelers vir sestig minute hul beste vaardighede ten toon gestel het. Die twee finaliste was gelykop met twee stelle elk voordat Dörgeloh die beslissende een gewen het.

Die Namibiese vrouekampioen is Judy Savage, wat met 'n baie strategiese skaakspel die aanslag van Chantel de Gouveia met drie stelle teen nul te bowe gekom het.

Hein Bam en Dylan Spencer het die eindstryd van die B-afdeling betwis, met Bam se fiksheid en hardnekkigheid wat deel van sy suksesresep was in sy sege met 3-2.

Die uitslae van die onderskeie kategorieë was soos volg

Mans A-afdeling: Kampioen 2019 Norbert Dörgeloh (Buccaneers); naaswenner Max Endjala (Wanderers); bronswenner Danie Greeff (Buccaneers); plaatwenner Immanuel Amarongo (Buccaneers).

Vroue A-afdeling: Kampioen 2019 Judy Savage (SFC); naaswenner Chantel de Gouveia (Buccaneers); bronswenner Adri Lambert ­(Wanderers); plaatwenner Tina Rutters (SFC).

Mans B-afdeling: wenner Hein Bam (Wanderers), 2 Dylan Spencer (Buccaneers), 3 Arno Kok (SFC), plaatwenner Torben Winterbach (SFC).

• Die Namibiese mans- en vrouespanne is ook aangekondig wat gedurende Juliemaand in Suid-Afrika gaan meeding. Vanweë werkverpligtinge was Judy Savage nie vir die nasionale geleenthede beskikbaar nie.

Namibië manspan: 1 Max Endjala, 2 Andrew Forrest, 3 Danie Greeff, 4 Brandon Grane (Buccaneers), 5 Arno Diekmann (Wanderers), 6 Emil Dörgeloh (Wanderers).

Namibië vrouespan: 1 Lida-Marie Calitz (Wanderers), 2 Chantel de Gouveia, 3 Adri Lambert, 4 Charné Fourie.

Die toernooi is finansieel deur Visions Consulting (hoofborg), Bank Windhoek en die Rössing-uraanmyn moontlik gemaak.

“Dit is voorwaar 'n voorreg in die huidige ekonomiese klimaat om die steun van sulke gesiene borge te hê wat bereid is om in Namibië se sporttalent te belê. Ons het spesiale waardering teenoor die borge en die NSA sien uit daarna om 'n langtermynverhouding met die borge in die belang van Namibiese muurbal te vestig,” sê SFC se voorsitter, Rudi Koekemoer.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!