Drie beeldhouers een kunswerk
’n Groot marmerblok, drie plaaslike kunstenaars, een gesamentlike beeldhouwerk.
Tanja Bause
Op die parkeerterrein voor die nuwe munisipale kantoor in Windhoek staan ’n groot wit marmerblok wat al die pad van Karibib gekom het.
Henry Coetzee is besig om met ’n hamerboor ’n kunswerk uit dié marmerblok te skep.
“Ons is drie kunstenaars van Whuda Marble Art wat aan die kunswerk werk. Weens Covid-19 werk ons onafhanklik. Dit is altyd opwindend om in die oggend te sien wat die ander twee gedoen het. Die uitdaging wat ons vir onsself gestel het, is dat drie kunstenaars op agtereenvolgende dae individueel aan 'n enkele marmersteen sal werk, met verskillende temas elk wat uiteindelik tot een kunswerk sal lei. Kambezunda Ngavee en Winfried Holze is die ander twee kunstenaars,” het Coetzee gesê.
Die beeld word geskep in samewerking met die Nasionale Kunsgalery se tema #WHATSYOURSTORY wat vanaf 30 Oktober tot 26 Januarie volgende jaar strek. Die uitstalling sal vanaf 28 Januarie tot 20 Maart besigtig kan word.
Whuda Marble Art wil met die kunswerk verskeie boodskappe oordra. Hulle wil onder andere wys mense met verskillende agtergronde kan saamwerk met een doelwit en ’n sukses daarvan maak. Hulle wil wys dat die Covid-19-pandemie oorkom kan word as kreatiewe denke bestuur word. Wanneer al die geriewe gedurende die hokyd gesluit is, kan ’n mens steeds openbare kuns geniet sonder om die virus te vrees. Eerder as om bestaande monumente of kunswerke af te breek, is dit beter om positiewe bydraes te maak en bewusmaking te skep. Bewusmaking vir openbare kuns en die beskikbaarheid van hoëgehalte marmer in Namibië moet ook geskep word. Dit is ’n mineraal wat baie skaars in Sub-Sahara Afrika is en wat tans deur vreemde bevolkingsgroepe uitgebuit word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie