Drie bewaringsgebiede ondersteun
Drie bewaringsgebiede ondersteun

Drie bewaringsgebiede ondersteun

Die skenking sluit toerusting en voorraad vir wildbewaarders in die Omahekestreek in.
First National Bank (FNB) het deur middel van sy FirstRand Namibia Foundation Trust N$234 000 aan die Namibia Nature Foundation (NNF) oorhandig om drie bewarings­gebiede in die Omahekestreek te ­ondersteun.

Die drie bewaringsgebiede, Eiseb, Otjombinde en Omuramba ua Mbinda, asook sy gemeenskapswoud, ontvang steun van die NNF vir die oes van duiwelsklou, toerusting en ­voorraad vir die bewaringsgebiede se wildbewaarders.

Ondersteuning word ook gegee om hul natuurlike hulpbronne te beskerm, asook finansiële opleiding aan bestuurskomitees om gesonde ­finansiële stelsels te implementeer, en om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te verseker.

FNB-Gobabis se takbestuurder, mnr. Abiud Tjikusere, het die ­skenking aan die NNF se projekkoördineerder, mnr. Nabot Mbeeli, en die voorsitter van die Omuramba ua Mbinda-bewaringsgebied en -gemeenskapswoud, me. Erika Ndjavera, tydens 'n ­algemene jaarvergadering by die Okatumba-hek in Otjombinde-kiesafdeling oor­handig.

Tjikusere het in sy toespraak gesê hulle is trots daarop om die NNF te ondersteun, want FirstRand Namibia Foundation Trust steun inisiatiewe wat positiewe omgewingsveranderinge teweeg bring.

Hy het gesê dit is belangrik om in ­Namibiese mense te belê, hulle te ­ontwikkel en te bemagtig in kwessies soos mens-dier-konflik en die voor­koming van wildmisdaad.

“Daar is geen twyfel dat hierdie projek hulpbronne aan die mense verskaf en 'n positiewe impak op die samelewing het nie. Die sleutel tot volhoubaarheid is om Namibië se maatskaplike, ekonomiese en om­gewingsbehoeftes aan te spreek,” het Tjikusere gesê.

Die geleentheid is deur meer as 112 lede van bewaringsgebiede en ­beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme van Gobabis bygewoon.

Toerusting soos tente, slaapsakke, kampmatrasse, kopligte, verkykers, GPS-toestelle en 'n digitale kamera is namens die wildbewaarders aan die voorsitter oorhandig.

Ndjavera het FNB en NNF vir die ondersteuning aan die bewaringsgebiede in die Omahekestreek bedank – veral omdat die gebied glo min skenkings vir bewaring en gemeenskapsont­wikkelingsprojekte kry.

Sy het nuwe skenkers uitgenooi om vennote in bewaring te word en met nuwe, vars idees vorendag te kom om die gemeenskapsbewarings­­­pro­gramme in die Omahekestreek te ­verbeter.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!