Drie bewaringsreuse kom byeen
’n Luiperdnavorser en twee bekroonde pioniers in Namibiese omgewingskringe het saam by Wêreldsend gekuier.
Francoise Steynberg - Drie pioniers in natuurbewaring en skrywers van omgewingsboeke het onlangs in Damaraland op hul ou spore teruggeloop.
Die bekende Suid-Afrikaanse luiperdnavorser prof. Kobus Bothma en legendes in Namibiese bewaringskringe, Garth Owen-Smith en dr. Margaret Jacobsohn, het onlangs by Wêreldsend reünie gehou.
Bothma, wat vir dekades lank luiperds in die Kgalagadi-oorgrenspark nagevors het, was in Namibië vir die bekendstelling van sy boek Written in the Sand.
Ná sy boekbespreking in Windhoek by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging het hy saam met Namibiërs Heiko en Anja Denker die noordweste van die land besoek.
Jacobsohn se boek, Life is like a Kudu Horn, het ook pas op die winkelrakke verskyn. Jacobson en Owen-Smith is gesamentlik in 1993 met die Goldman-omgewingsprys bekroon vir hul wildbewaringspogings in Namibië. Owen-Smith het ook in 2015 die Prins William-prys vir bewaring in Afrika van die Tusk-trust ontvang.
Hy is ook die skrywer van An Arid Eden: A history of conservation in Namibia’s north-west, wat in 2010 gepubliseer is.
Bothma, wat as jong natuurbewaarder in Damaraland en Kaokoland gewerk het, het eers by Mount Etjo gaan kuier.
“Dit was ‘n belewenis om Annette Oelofse van Mount Etjo te kon ontmoet.”
Bothma het aan Republikein gesê hy het dit so geniet het om weer op sy ou spore in Namibië te loop en baie nuwe vriende te maak.
“Die gasvryheid en vriendelikheid van die mense en die wonderlike omgewing bly steeds Namibië se grootse bate.”
Sy besoek aan Damaraland het Bothma en Owen-Smith ná bykans 40 jaar weer bymekaar gebring.
“Dit was asof ons mekaar net ‘n dag nie gesien het nie, want die gedeelde belangstelling was steeds daar.”
Oor die droogte sê Bothma “al was dit bitter jammer om te sien hoe droog dit is, kan ek onthou dat dit in van die jare toe ek daar was net so droog was, net om dit ander jare met wuiwende gras te ervaar”.
Bothma meen Namibië het groot potensiaal om wild te produseer in plaas van vee, omdat daar so dikwels droogtes is.
“Wild lewer ‘n veelsydige produk en kan selfs vir die produksie van kos (wildsvleis) aangewend word, wat gesonder en meer omgewingsvriendelik is.
“Ek dink te veel mense glo nog aan vee in ‘n land wat aan gereelde droogtes blootgestel is. Deur groot bewaringsgebiede te skep sal dit ‘n groot bate vir natuurbewaring wees,” sê hy.
Bothma volg luiperds se spore al sedert 1976 met die hulp van San-spoorsnyers in die Kahalari.
Hy sê die beste manier om meer oor luiperds se gedragspatrone te leer, is om sy spoor in die veld te volg – vandaar die tema van sy boek wat by The Book Den in Windhoek, Swakopmunder Buchhandlung en Die Muschel beskikbaar is.
Jacobsohn se boek is ’n bewaringsgedenkskrif gebaseer op die 35 jaar wat sy in afgeleë gebiede in Namibië werk.
Dit is ook by The Book Den, Namibia Book Market, Swakopmunder Buchhandlung en Die Muschel beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie