Drie gedigte
Drie gedigte

Drie gedigte

Dani Booysen
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:



Olieboor



Toringmooi en baie hoog.

Van heinde en ver te sien.

Gekliek deur die lens en oog.

Boor diep om geld te verdien.



Olie diep gepomp deur pyplyn.

Blou oseaan en droë woestyn.

Diep in die ingewande.

Vat vir vat deur baie hande.



Verruil vir pennies en ponde.

Want olie mors is 'n sonde.

Naglugtoring mooi en ver.

Naglig blink soos 'n ster.



Goud wat van binne uitvloei.

Soos 'n fontein opstoot en bloei.

Olieboor hier en daar.

Oliepryse op en af elke jaar.



Ai!Ghams, ja Winterhoek



Van heinde en verre met ossewa getrek.

Oor berge en dale waar water lek.

Ai!Ghams donkie jare gedoop.

Plek vir almal van baie hoop.



Winterhoek na Windhoek oorgedoop.

Fonteine het hier uitgeloop.

'n Hoofstad van prag en praal.

Tussen koppies en berge gebou met sement en staal.



Altyd mooi en skoon.

Winterhoek is oorbewoon.

Ai!Ghams se skatte veilig bewaak.

Ai!Ghams fonteine het 'n soet smaak.



'n Paradys vir jonk en oud.

Van heinde en ver vergoud.

Van groot voorouers en nasate.

Windhoek bars uit sy nate.



Sondagpreek



Opstanding en herlewing.

Kerkklok lui met 'n dreuning.

Laasnag se wingerdbesoek.

Wraak soet in my mondhoek.



Vissers van mense.

Evangelie en beste wense.

Liggaam die beaam.

Ooglede op 'n skrefie trek saam.



Dit was 'n laaang preek.

Gegaan oor visvang die week.

Of iets van Jona en die walvis.

Galjoen oppi kole, ons braai vis.



êrens het gedagtes verdwaal.

Wakker geskrik met nagmaal.

Gegroet en geseën my broer.

Hierdie preek het my ontvoer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!