Drie hondjies uit afvoerpyp gered
Die Otavi-gemeenskap het saamgestaan tydens 'n drie dae lange reddingspoging.
Tanja Bause
'n Vrou van Otavi het ingespring en drie klein hondjies uit 'n afvoerpyp gered.
Me. Dorka Soroses het onlangs op die dorp honde hoor blaf en ondersoek by die bure se huis in Uitbreiding 2 gaan instel.
“By die huis kom altyd baie van die buurt se kinders bymekaar om te speel. Hulle het die dag weer daar gespeel. Ek het die hondjies in die afvoerpyp gesien. Die pyp is 'n hele ruk terug deur 'n donkiekar stukkend gery en die buurman het net 'n deksel oor die gat gesit om dit toe te maak. Ek weet nie watter kinders die hondjies in die pyp gesit het nie, maar ek het onmiddellik probeer help,” het sy gesê.
Sy en die kinders kon een hondjie uithaal.
“Hy was bo en toe ons hom uitgehaal het, het die ander twee dieper in die rioolpyp ingegaan.”
Die volgende dag het Soroses met die reddingsaksie voortgegaan. Die honde het in die die pyp tot onder haar erf geloop. Sy en haar 12-jarige seun, Ronzalio, het dit oopgegrawe.
“Die buurvrou het gesê sy kan niks doen nie omdat sy werk toe moet gaan. Ek en my seun het probeer om die pyp af te saag om by die honde uit te kom, maar ons kon dit nie regkry nie.”
Sy het 'n vriend om hulp gevra en hy het ná werk die pyp deurgesaag. Soroses kon toe die tweede hondjie uithaal.
Sy het ook op 'n WhatsApp-groep om hulp gevra.
DBV
Me. Wilmarie Horn van Oshana se dierebeskermingsvereniging (DBV) het op haar beurt vir me. Retha Smeer om hulp genader wie se man, Fritz, met sy werkers opgedaag het. Hulle het begin grawe en saag, maar die hondjie het nog dieper ingeklim.
Me. Uta du Plessis en haar seun Arthur het die boodskap in die sosiale media gesien en ook kom help.
“Ons het verder gegrawe en gesaag. Ons kon hom hoor kreun, maar ons kon nie by hom uitkom nie,” het Du Plessis gesê.
Die volgende dag is Retha na die munisipaliteitskantore toe. “Ek het gesê ek soek iemand wat kan kom help, en hulle het werkers saam met my gestuur. Ons het gegrawe en gesien dat ons nêrens kom nie. Ons kon die hond hoor, maar ons kon nie by haar uitkom nie. Ons het gevra dat hulle 'n laaigraaf stuur om te help,” het sy gesê.
“Net voor 13:00 het die munisipaliteit se laaigraaf aangekom en verder gegrawe. Ek het die laaste hondjie uit 'n modderpoel in die oopgebreekte pyp uitgehaal en gered. Ek is so bly dat ek hulle kon help,” het Soroses gesê.
Retha Smeer het met die drie babahondjies en hul ma na dr. Erika de Jager, die veearts op Tsumeb, gejaag. Die hondjie wat laaste gered en Miracle gedoop is, het ongelukkig die volgende dag gesterf. Die honde se ma het bosluiskoors en tekens van verwaarlosing. Die oorlewende hondjies sterk aan en sal binnekort gereed wees vir aanneming.
“Dit was ongelooflik hoe almal saamgewerk en probeer help het,” het Du Plessis gesê.
Die Oshana DBV vra donasies om die Tsumeb Vet Clinic en munisipale onkostes te kan betaal.
“Ons het genoeg ingesamel vir die veeartskostes. As iemand nog donasies vir die herstelwerk van die pyp en gebruik van die laaigraaf wil maak, is hulle welkom om die Oshana DBV te kontak,” het Horn gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie