Drie in hof oor horing in kattebak
Drie in hof oor horing in kattebak

Drie in hof oor horing in kattebak

’n Beskuldigde in die diefstalsaak van 33 renosterhorings op Outjo is weer in hegtenis geneem.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Drie vermeende renosterhoringsmokkelaars het Maandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn en is borgtog geweier.

Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is een van die beskuldigdes, mnr. Pendapala Herman, op borgtog uit in die opspraakwekkende saak van die diefstal van 33 renosterhorings op Outjo.

Die ander twee beskuldigdes, is konstabel Michael Muronga, wat verbonde is aan die misdaadvoorkomingseenheid van die Namibiese polisie op Otjiwarongo, en mnr. Alfons Tjukuru van die Oshanastreek.

Hul saak is tot 19 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.

Die saak spruit uit hul inhegtenisneming Vrydag op Omuthiya nadat hulle glo met ’n renosterhoring in hul besit betrap is. Hulle het glo met ’n wit VW Polo deur die padblokkade van Oshivelo gery en die konstabel het voorgegee dat hy aan diens is.

Die polisie het ’n wenk ontvang en die voertuig deursoek waar ’n renosterhoring glo in ’n swart sak in die kattebak van die voertuig gevind is.

Herman is verlede jaar op borgtog van N$30 000 vrygelaat nadat hy beskuldig is van die diefstal van 33 renosterhorings uit die instapkluis van ’n huis op Outjo. Die eienaar van ’n lodge naby Etosha het sy renosters ter beskerming onthoring en die horings in sy kluis bewaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!