Drie in hof oor leeuvergiftiging
Francoise Steynberg - Drie mans het vanoggend in die landdroshof op Opuwo verskyn in verband met die vergiftiging van vier leeus die naweek naby Sesfontein in die Kunenestreek.
Die drie beskuldigdes, mnre. Tjituta Tjituta (39), Kasanga Mwalunga (28) en die 25-jarige Tjimbutumwa Katumbwale, het op klagte van die onwettige jag van spesiaal beskermde wild, die onwettige besit van beheerde wildprodukte en dwarsboming van die gereg, verskyn.
Staatsaanklaer Namebo Sibya het borgtog heftig teengestaan weens die ernstige aard van die oortreding en omdat die polisieondersoek nog in 'n vroeë stadium is. Die drie beskuldigdes bly dus in aanhouding.
Landdros Eliud Nakolonda het die saak tot 22 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel.
Tjituta van die Okamborongo-nedersetting, Mwalunga van die Mbakondja-nedersetting en Katumbwale van die Okonge-nedersetting, word daarvan beskuldig dat hulle vier leeus - drie mannetjies en een wyfie - Saterdag by Nuwepos naby Sesfontein vergiftig het.
Foto ter illustrasie Marc Springer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie