Drie in Staatshuis sterf aan Covid
Drie werkers van Staatshuis is in die laaste 30 dae aan Covid-19 dood, nadat agt positief vir die virus getoets het.
Die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het dit bevestig en gesê die kantoor volg Covid-19-regulasies soos voorgeskryf deur die gesondheidsowerhede.
Die adjunkdirekteur van Staatshuis se huishoudelike afdeling, me. Hilde Petrus-Sakala, het Dinsdag aan die virus gesterf. Twee weke tevore is 'n werker van die instandhoudingsafdeling ook dood. Dit is nie duidelik wie die derde persoon is nie.
Sowat 300 mense is by Staatshuis werksaam. Volgens Republikein se susterkoerant Namibian Sun is een van die siek werkers in die intensiewesorgeenheid opgeneem en nog een moes opgeneem word, maar kon nie aangesien daar geen plek in die hospitaal was nie.
Hengari het gesê van die maatreëls wat ingestel is, is 'n roteringstelsel wat sommige werkers toelaat om van die huis af te werk in 'n poging om sosiale afstand te handhaaf.
Intussen het Hengari gesê pres. Hage Geingob is gesond, maar bly ingevolge Covid-19-protokol in isolasie. Die president en sy vrou, Monica, het beide in Mei positief vir die virus getoets.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie