Drie kinders binne dae wreed vermoor
Drie kinders binne dae wreed vermoor

Drie kinders binne dae wreed vermoor

Denver Kisting
Denver Kisting – Namibiërs het gister opnuut gesteier onder skok nadat dit bekend geword het nóg ’n kind is wreed vermoor.

Dit bring die aantal jong kinders wat tussen 21 en 26 Januarie wreed vermoor is op drie te staan.

Dit het Maandag aan die lig gekom ’n tienjarige seun, Venotjina Tjiningire, is Sondaglaatmiddag naby Opuwo in die Kunestreek dood nadat hy glo deur ’n oom van hom aangerand is.

AO Immanuel Iiduwa, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 17:00 by Ekongo-Rakambuka in die Okondjombo-area plaasgevind.

Volgens Iiduwa het die verdagte na bewering die seun oraloor sy liggaam met ’n boomtak geslaan nadat van die bokke, waarna die seun moes omsien, glo weggeraak het.

Die voorval volg kort op die moord op ’n meisie, Akundaishe Chipomho (9), wat die afgelope Vrydagaand in die hoofstad vermoedelik ook doodgeslaan is.

Haar verbrande oorskot is Saterdagoggend in ’n drom in Windhoek-Noord deur ’n afgetrede oudonderwyser ontdek.

Die vrou wat vermoedelik haar ma is en ’n egpaar met wie hulle ’n meenthuis gedeel het, is Sondag in verband met die grudaad in hegtenis geneem.

Die ma en die ander vrou verskyn na verwagting vanoggend in die landdroshof in Windhoek op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg.

Die man was Sondag saam met polisielede in ’n motorongeluk buite Otjiwarongo betrokke.

Hy is ernstig beseer en word in ’n Windhoekse hospitaal behandel.

Volgens komm. Nelius Becker, wat die ondersoek lei, sal hy voor die hof gedaag word sodra sy toestand voldoende verbeter.

Die egpaar het na bewering Sondagoggend op die vlug geslaan toe hulle besef het die polisie is op hulle spoor.

Hulle is by ’n padblokkade in die Otjozondjupastreek in hegtenis geneem.

Die man en die vrou en die egpaar se drie kinders is afsonderlik Windhoek toe vervoer.

Die Windhoekse kliniese sielkundige me. Eunice Gonzo het die afgelope week gesê: “As daar een ding is waarop ons kan ooreenkom, is dit dat die lewe van ’n kind kosbaar is. Nodeloos om te sê – enige misdaad wat ’n kind raak, word veel erger gesien as dié waarby volwassenes betrokke is.”

Volgens haar kan die toename in geweld teen vroue en kinders onder meer aan morele verval toegeskryf word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.82 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.73/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.38/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 953.90/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 85.70/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 003.27/OZ DOWN -0.0052 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.39 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.29 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.82 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.73/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.38/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 953.90/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 85.70/BBP UP +0.55% | Platinum US$ 1 003.27/OZ DOWN -0.0052