Drie lorries val op een dag

Tanja Bause
Tanja Bause – Op verskillende paaie in die land het gister drie vragmotors omgeslaan.

Een bestuurder is dood nadat sy vragmotor om 01:30 sowat sewe kilometer van die Buitepos-grenspos op pad na Gobabis omgeslaan en uitgebrand het.

Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, was mnr. Elia Gamrob (30) in die vragmotor vasgekeer toe dit aan die brand geslaan het.

“Ons weet nie hoekom die vragmotor van die pad geloop het nie. Die vragmotor het heeltemal uitgebrand en die bestuurder is onherkenbaar. Die oorledene se familie is van sy dood in kennis gestel,” het hy gesê.

'n Vragmotor se sleepwa wat met mangaan gelaai was, het sowat 60 km voor Lüderitz op die hoofpad tussen dié dorp en Aus omgeval. Die vragmotor het twee sleepwaens gesleep waarvan die agterste een omgeslaan het. Die mangaan het oor die hele pad gestrooi gelê.

Volgens 'n plasing op Facebook het die vragmotorbestuurder glo probeer om 'n trompop botsing met 'n ander vragmotor te vermy en het uitgeswaai. Die spieël aan die bestuurder se kant is in die proses afgebreek. Nadat die bestuurder teruggeswaai het, het die agterste sleepwa glo omgeval.



MISGIS IN MISWEER

'n Vragmotor het om 05:45 buite Swakopmund op die B2-hoofpad by die Rössmund-afdraai omgeslaan.

Weens swaar mistoestande het die bestuurder hom glo met die afdraai misgis en gedink dit was die Walvisbaai-afrit.

Nadat hy gedraai het, het hy besef dit is die skerp Rössmund-afrit.

Die vragmotor het die middelman getref en omgeslaan. Die vragmotor het tot op die grond langs die teerpad gegly.

“Ek kon in 'n 100 km/h sone slegs 80 km/h ry weens die digte mis,” het mnr. Gideon Koegelenberg van AJ's Tow-in gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!