Drie mans in luiperdaanval beseer
Drie mans in luiperdaanval beseer

Drie mans in luiperdaanval beseer

Francoise Steynberg
Drie mans is beseer toe ‘n luiperd hulle gisternamiddag op die plaas #Goabeb in die Usakos-distrik aangeval het.


Die voorval het omstreeks 17:00 plaasgevind toe mnr. Esegiel Titifo (48) bokke in die veld opgepas het.

“Hy is deur die luiperd aangeval en aan die linkerarm gebyt toe gestoei het om ‘n bok uit die luiperd se kake te red,” lui ‘n polisieverslag.

“Tififo kon daarin slaag om sy vriende by die huis met sy selfoon te bel. Toe sy vriende, mnre. Frans //Garoeb (39) en Enrico !Goraseb (40), opdaag, is hulle ook deur die luiperd aangeval.”

Volgens die verslag het !Goraseb ernstige beserings aan sy kop en regterarm opgedoen, terwyl //Garoeb ‘n oop wond het nadat hy op die kop gebyt is.

Al die slagoffers is na die Usakos-staatshopsitaal vir mediese behandeling geneem en is in ‘n stabiele toestand.

Mnr. Colgar Sikopo, adjunk- uitvoerende direkteur van die departement natuurlike hulpbronnebestuur in die ministerie van die omgewing en toerisme, het bevestig hy het gisteraand van die voorval verneem. Natuurbewaringbeamptes sal vandag die voorval ondersoek.

Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!