Drie mans vas oor ses olifanttande
Drie mans vas oor ses olifanttande

Drie mans vas oor ses olifanttande

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Drie mans is onlangs op twee verskillende plekke met ses olifanttande vasgetrek.

Twee Angolese burgers, mnre. Abraham Mwetupunga en Velema Nghitila, is Sondag op Onandjmba glo met twee olifanttande in hegtenis geneem en 'n Namibiese man, mnr. Philips Kutenda Thikuma, glo met vier olifanttande op 6 Maart by Mukwe.

Hulle is deel van die 14 wildmisdaadverdagtes wat volgens die wildmisdaadverslag van 6 tot 14 Maart in sewe wildmisdaadsake in hegtenis geneem is.

By Kamanjab is vier Namibiese mans, mnre. Karel en Isascar Gaingob en Jonas en Seth Aebeb, verlede Saterdag met 'n kameelperdkarkas glo in hul besit vasgetrek. Beslag is op die karkas en 'n jaggeweer gelê.

Die ander wildmisdaadsake behels die stropery van ietermagôs of smokkelary van hul produkte en die verdagtes wat in hegtenis geneem is, is almal Namibiese mans. Mnre. Nikodemus Kotokeni Hafeni Nicodemus en Simon Akwenye is op Sondag 7 Maart glo met 110 ietermagôskubbe en een stuk ietermagôvel vasgetrap.

By Mukwe is mnr. Matheus Ngunda verlede Woensdag met 'n lewende ietermagô in hegtenis geneem. Mnre. Patrick Mpande Haingura en Andreas Mushongo is verlede Donderdag op Tsumeb met twee ietermagôvelle glo in hul besit in hegtenis geneem en in Katutura is mnre. Mendley Job en Godlieb Amalenga verlede Dinsdag ook glo met twee ietermagôvelle vasgetrek.

HOFSAKE
Uatungisa Muteze en Gideon Tjindombo is op 1 Maart gevonnis vir hul oortreding van die die onwettige jag van 'n spesiaal beskermde spesie - 'n bergsebra - op 6 Februarie in die Kamanjab-distrik. Tjimdombo is tot 'n boete van N$2 500 gevonnis en Muteze moet 'n boete van N$1 000 betaal.

Die smokkelaar van 'n lewende ietermagô, Selwanus Gaoseb, is op 2 Maart in die Windhoek-landdroshof in Katutura tot 'n boete van N$10 000 of twee jaar tronkstraf gevonnis. Hy het die lewende ietermagô op 25 Junie 2019 probeer smokkel.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!