Drie mense sterf in huisbrande op Mariental
Drie mense sterf in huisbrande op Mariental

Drie mense sterf in huisbrande op Mariental

Tanja Bause
Tanja Bause - ’n Peuter van 17 maande, Betuel Nekongo, is Saterdagoggend dood nadat ’n sinkhuis in die Takarania informele nedersetting op Mariental afgebrand het.
In die huisie was ses kinders en ’n vrou aan die slaap toe die brand omstreeks 03:30 deur ’n brandende kers veroorsaak is.
’n Seun van 12 jaar en ’n tweejarige meisie is met brandwonde in die Mariental-­staatshospitaal opgeneem.
“Ek het onmiddellik die brandweer gebel, maar hulle het eers ’n uur later op die toneel opgedaag, toe die brand al geblus was. My bure en ek het probeer om die vuur blus, maar al wat ons kon doen, was om te keer dat dit versprei,” het mnr. Jakobus Isaak Kock gesê.
Daar is drie sinkhuise op die erf, maar net die huis van me. Anna Garoes, met al die besittings van die inwoners, is vernietig.
In nóg ’n brand is twee mense Dinsdagnag op Mariental dood toe hul huis afgebrand het.
Drie volwasse vroue en drie minderjarige seuns het in die huis gewoon wat by die TransNamib-stasie geleë is.
Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Slogan Mathews, het die 31-jarige me. Audrey Bonita Tsei-Tseis en die 18 maande oue Zayn Skreywer in die vuur gesterf.Al die ander beseerdes, met ernstige brandwonde, is in die Mariental-staatshospitaal opgeneem. ’n Vrou en ’n kind is gisteroggend na die Katutura-­staatshospitaal oorgeplaas.
“Die aanvanklike ondersoek toon die mense het geslaap toe die vuur uitgebreek het, maar ons wag op die forensiese span van Windhoek om ondersoek te kom instel. Dit blyk die vrou het haar liggaam gebruik om die baba te beskerm. Sy het oor die liggaam van die baba gelê,” het insp. Michael Beukes van die polisie op Mariental gesê.
Die waarnemende uitvoerende hoof van TransNamib, mnr. Hippy Tjivikua, en die voorsitter van die direksie, mnr. Paul Smit, het Mariental toe gery om die oorlewendes in die hospitaal te besoek.
Beukes het aan Nampa gesê hulle vermoed die vuur het weens ’n elektriese kortsluiting ontstaan.
Volgens die woordvoerder van TransNamib, me. Ailly Hangula-Paulinio, sou die maatskappy vroeër vandeesweek reeds ’n nuusverklaring oor die oorsaak van die brand uitgereik het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!