Drie naweke later, stu00e9u00e9ds geen finaal
Drie naweke later, stu00e9u00e9ds geen finaal

Drie naweke later, stééds geen finaal

Klubrugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Rugby-entoesiaste in afwagting op die Namibië Rugby-unie se premierliga-eindstryd sal vir die derde naweek op ’n streep teleurgesteld word.

Die onafhanklike dissiplinêre komitee is steeds in die proses om die tameletjie te ontknoop wat deur FNB Western Suburbs se klag teen FNB Wanderers teweeg gebring is, dat die Wit Hingste in die semifinaal onregmatig van onkiesbare spelers gebruik gemaak het.

Die nuutste nuusbrokkie wat deur die betrokke partye se hardnekkige sluier van mediaskugterheid gesyfer het, is dat die betrokke partye voor vanmiddag hul geskrewe verklarings indien. Die dissiplinêre komitee se strewe is glo om teen Vrydag ’n uitspraak te kan lewer, maar met ’n toegelate tyd vir moontlike appèlle (48 uur) is dit reeds ’n uitgemaakte saak dat geen finaal aangebied sal word nie.

Die uitspraak sal waarskynlik die eerste geleentheid wees waar die spesifieke klagte teen Wanderers in die openbaar aan die rugbypubliek verskaf sal word.

Die NRU-president, mnr. Corrie Mensah, het opnuut benadruk dat die unie streng volgens sy grondwet optree deur ’n regverdige verhoor daar te stel.

“Ek besef terdeë dat hierdie ’n gevoelige kwessie is wat rugby-aanhangers se emosies opjaag, maar die kwaadwillige en oningeligte uitlatings van diegene wat so graag die NRU en sy raad as ’n sirkus uitkryt, sal geen reg aan die saak laat geskied nie.

“Die grondwet laat geen beweegruimte vir afwyking van sy neergelegde dissiplinêre prosedure nie. Daar is geen manier waarop ons die proses kan verhaas of inmeng sodra die dissiplinêre komitee met sy sittings begin het nie – wat inderdaad bloot sal lei tot gronde vir ’n onregverdige verhoor, konflik van belange of ’n nietige verhoor.”

Mensah sê uitstel van die verhoor op versoek van enige van die partye is ook binne die diskresie van die tugkomitee, of ’n mens daarvan hou of nie.

Dit is reeds bekend dat Namibië vandeesweek sy nasionale groep sal aankondig wat komende naweek op die November-toer na Stellenbosch vertrek en dat klubs in die finaal dus nie meer tot hierdie staatmakers toegang sal hê nie.

Mensah verskil van enige siening dat die NRU of sy raad enigsins verkeerd opgetree het, behalwe om streng volgens die NRU-grondwet op te tree.

“Om op te som, dink ek nie die situasie bring die NRU in oneer nie, in teendeel, dit bekragtig die deursigtigheid en korrektheid van prosesse wat die raad binne die konstitutionele raamwerk volg en toepas. Die onderskeie borge van klubs moet maar van die oortreders antwoorde verkry, indien en wanneer iemand wel skuldig bevind word.”

FOTO
Darryl de la Harpe in aksie vir FNB Wanderers tydens die semifinaal teen sy jarelange klubmaats FNB Western Suburbs. Die spankeuse vir hierdie halfeindstryd is die twispunt wat meebring dat die finaal nou reeds meer as drie weke uitgestel is. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!