Drie ontsnaptes steeds voortvlugtig
Drie ontsnaptes steeds voortvlugtig

Drie ontsnaptes steeds voortvlugtig

Die polisie het ’n soektog na die vermeende verkragters en rower van stapel gestuur.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die drie vermeende misdadigers wat die naweek aan die kus ontsnap het, is teen gister nog nie aangekeer nie.

Volgens die polisie se misdaadverslag het drie verhoorafwagtende verdagtes Saterdag om 17:00 uit die Hentiesbaai se aanhoudingselle ontsnap.

Die verdagtes het glo die seldeur en -dak se diefwering verwyder en deur die dak ontsnap.

Die verdagtes is mnre. Johny Nuseb (19), wat in Mondesa op Swakopmund van verkragting aangekla is, Josef Ganaseb (24), wat van aanranding en verkragting op Hentiesbaai aangekla is, en Andreas David (21) wat in verband met roof op Mondesa aangekla is.

Die verdagtes is steeds voortvlugtig.

Verdrinking

Die polisie op Groot Aub het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná ’n eenjarige meisie in ’n 25 l-plastiekhouer gevul met tradisionele tombo verdink het.

Julia Kakondo het glo oor die houer geloop, wat in die grond in begrawe was, in die oop houer geval en verdrink.

Die voorval het omstreeks 17:20 by ’n huis plaasgevind.

Vrydag het ’n baba, wat as Lahja Shivute geïdentifiseer is, aan haar wonde in die Onandjokewe-staatshospitaal beswyk.

Sy het Woensdag glo brandwonde oor haar onderlyf opgedoen toe sy en haar broers en susters om ’n stoof gespeel het.

Die pot met kookwater het glo op haar geval, waarna sy in die hospitaal opgeneem is en gesterf het.

Die polisieondersoek duur voort.

Vermeende brandstigting

Die polisie ondersoek twee voorvalle van beweerde brandstigting.

Die eerste voorval het Vrydag om 08:00 in die Ruzaza-nedersetting naby Rundu plaasgevind toe iemand glo ’n tradisionele huis aan die brand gesteek het.

Die skade van die brand beloop glo sowat N$2 590.

Die tweede voorval het Saterdag omstreeks 17:00 in die Oshetu no. 2- informele nedersetting in Nau-Aib op Okahandja plaasgevind toe ’n sinkhuis ter waarde van N$12 000 aan die brand gesteek is.

Niemand is al in hegtenis geneem nie en die polisieondersoeke duur voort.

Vyf mans van 77, 60, 37, 35 en 28 het die afgelope naweek glo selfdood gepleeg.

Volgens die polisie het twee hulself geskiet en die ander drie hulself gehang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!