Drie padwedlope vir 2021 af
Drie padwedlope vir 2021 af

Drie padwedlope vir 2021 af

Padwedlope
Weens beperkings op sportbyeenkomste moes drie van die land se gewildste padwedlope gekanselleer word.

Die kompetisies se voortbestaan sal eers weer oor 'n jaar in oënskou geneem kan word.

Mnr. Bethold Karumendu, kompetisiedirekteur en streeksportbeampte vir Erongo, sê: “Ons het na riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Wêreldatletiek, die Namibiese Sportkommissie en Atletiek Namibië gekyk en besluit om ter wille van atlete en mense se veiligheid die kompetisies te kanselleer.

“Ons sien uit om volgende jaar dié byeenkomste weer aan te bied. Dit sal beslis dan groter en beter wees.”

Die tweede weergawe van die nasio­nale Spar-wedloop oor 10 kilometer moes op 28 Augustus in Oshakati plaasgevind het, maar kan moontlik eers in 2022 weer 'n beurt kry. Die byeenkoms was in 2019 met 924 inskrywings ingelyf.

Spar Namibië asook die Spar-takke van Oshakati en Ongwediva is die titelborge, terwyl Coca-Cola vir die drinkgoed sorg.

Die sewende Navachab-halfmarathon oor 21.1 km sou op 18 September by Karibib plaasgevind het. Die byeenkoms is ook nie in 2020 aangebied nie, maar in 2019 het 586 langasems die roete gepak. In 2022 is 18 September op die almanak vir die volgende saamtrek afgemerk.

QKR Navachab-goudmyn, Nammed, Karibib-dorpsraad, FNB Karibib, Namagra and Coca-Cola is die borge.

Omaruru spog met een van die heel gewildste padwedlope in die land. Die Erongo Powersave-straatmyl oor 1.6 km lok die afgelope sewe jaar groot getalle atlete in verskeie afdelings. In Oktober 2019 het 1 146 drawwers ingeskryf.

Powersave Omaruru, Pasta Polana (Namib-Mills), FNB Omaruru en Coca-Cola is vir etlike jare die borge.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!