Drie SA provinsies kry dalk nuwe premiers
Drie SA provinsies kry dalk nuwe premiers

Drie SA provinsies kry dalk nuwe premiers

Twee nuwe premiers in die Vrystaat en Mpumalanga moet in 2018 aangewys word. ’n Kans dat KwaZulu-Natal ook volgende jaar ’n nuwe leier sal kry, is ook nie uitgesluit nie.

David Mabuza, premier van Mpumalanga en provinsiale voorsitter, Ace Magashule, Vrystaatse premier en voorsitter in dié provinsie, en Paul Mashatile, ANC-voorsitter van Gauteng, is Maandag tot die topses-leierskap by die party se 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg verkies. Dit beteken hul poste in dié provinsies raak vakant weens die verkiesingsuitslag.

Twee provinsiale verkiesings moet in elk geval ook plaasvind omdat die howe die ANC se provinsiale uitvoerende komitees van KwaZulu-Natal en die Vrystaat nietig verklaar het. Boonop is Gauteng en Noordwes geskeduleer om ook vroeg volgende jaar nuwe provinsiale uitvoerende komitees aan te wys.

Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, sê al dié provinsiale verkiesings moet voor die nasionale verkiesing in 2019 afgehandel wees. Dié ontruiming van provinsiale poste en vul van nasionale poste gee volgens hom “nuwe dinamika” aan die party.

“Dit beteken daar moet nou weer verkiesings plaasvind in die Vrystaat en in KwaZulu-Natal en daar sal ander premiers aangewys word. Dit is nou waarskynlik dinge wat Zuma nie op sy eie kan nie, maar in oorleg met Ramaphosa moet doen. Dit is waar die twee sentrums van mag weer eens gaan wys hoe swak ontwerp dit (die nuwe topses) is.”

Hy sê ’n nuwe premier kan ook in KwaZulu-Natal aangewys word indien die nuwe provinsiale leierskap wat verkies gaan word, deur Ramaphosa-ondersteuners oorheers sal word. Venter wys verder daarop dat Mabuza en Magashule se leierskap reeds omstrede is.

“Hul vervaldatum is reeds onder hul voete geskryf. Mashatile se leierskap is bietjie anders, maar ek dink daar is goeie leierskap in Gauteng om by hom oor te neem.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!