Drie skuldig bevind aan moord op Koos Stoop
Die vrou en twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle die 78-jarige mnr. Koos Stoop op 28 Augustus 2009 by sy huis in Cimbebasia aangerand, beroof en vermoor het, is skuldig bevind.
Nelsine Utiapatie Kauaria (foto), met wie hy destyds ‘n verhouding gehad het, is vandag in die hoërhof in Windhoek saam met Erwin en George Katjingisua op die klagte van moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.
Regter Alfred Siboleka het bevind die Katjingisuas het die direkte opset gehad om hom te vermoor, terwyl Kauaria tydens die roof en aanranding op Stoop teenwoordig was en dus moes voorsien het dat hy kon sterf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie