Drie sterf in Reho-botsing
Die doodsengel het die naweek op paaie in die noode én suide van die land gestaan.
Tanja Bause – Twee mense het gister in die vroeë oggendure in ’n kop-teen-kopbotsing tussen Windhoek en Rehoboth gesterf.
Volgens die Namibiese polisie was die bestuurder van die sedanvoertuig na Rehoboth op pad toe hy omstreeks 04:50 sewe kilometer buite Rehoboth in die verkeerde baan voor die bakkie in gery het.
In die bakkie was drie insittendes op pad na Windhoek. Beide die bestuurders was in hul voertuie vasgevang en moes uitgesny word. Die bestuurder van die sedan, die 42-jarige mnr. Joseph Januarie, is op die toneel dood.
’n Passasier in die bakkie, mnr. Max Nashilongo (39), is ook op die toneel oorlede. Mnr. David Magadhi (43), bestuurder van die bakkie, het in die St. Mary’s hospitaal op Rehoboth aan sy beserings beswyk.
Een passasier van die bakkie is reeds uit die hospitaal ontslaan, terwyl die ander een steeds in ’n kritieke toestand is.
Die bakkiebestuurder het glo gesê daar was ’n vierde passasier wat weggehardloop het.
Die polisie-ondersoek duur voort.
NOODLOTTIGE ONGELUKKE
Die tweejarige Kwenani Sibalatani is Saterdag om 12:00 in die Ngweze informele nedersetting in Katima Mulilo dood toe hy glo deur ’n sleepwa getref is.
Volgens die polisie se misdaadverslag het nie die bestuurder van die voertuig óf sy passasier die kinders gesien wat rondom die sleepwa gespeel het toe hulle weggetrek het nie.
• Me. Hangula Peyavali (42) is Vrydag om 16:40 in die nedersetting Omakango in die Ohangwenastreek doodgery. Die 29-jarige verdagte het glo nie ’n bestuurslisensie nie, lui die polisieverslag.
• Die bestuurder van ’n voertuig het glo probeer uitswaai vir donkies in die middel van die pad en het beheer oor die voertuig verloor. Mnr. Lamek Lasarus (26) is dood in dié ongeluk Vrydag omstreeks 04:30 by die Omahenge nedersetting by Eenhana.
• Mnr. Lazarus Kashume (20) is Donderdag omstreeks 16:45 op die grondpad tussen Sossusvlei en Rietoog deur ’n Iveco-bus doodgery. Na bewering was hy deel van ’n groep van ses voetgangers wat die pad wou oorsteek, maar weens stof op die pad kon die bussiebestuurder hulle nie sien nie. Hy het rem getrap om die ongeluk te probeer vermy, maar het Kashume getref. Die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie