Drie sterftes, 281 nuwe gevalle
Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met drie op tot 486 en 281 nuwe gevalle is vandag aangemeld. Uit die 281 nuwe gevalle is 65 leerlinge, 14 gesondheidswerkers, 15 onderwysers, ses werkers in die mynbedryf en drie studente.
Die aktiewe gevalle staan tans op 2 249 waarvan 162 in die hospitaal in 24 in ICU's is. Nog 116 mense het herstel wat die totaal op 39 221 en 'n herstelkoers van 93% te staan bring. Tans word 4 776 kontakte gemonitor en 1 800 mense is in kwarantyn.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het ook bevestig 30 000 dosisse van die Covishield-entstof van die Serum Instituut in Indië kom môre in Windhoek aan. Volgens hom sal die adjunk eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking dié enstof ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie