Drie stroop glo renoster in Etosha
Altesaam 13 vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en vyf nuwe sake is aanhangig gemaak.
Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem.
Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op twee renosterhorings gelê.
Drie vermeende renosterstropers in die Etosha Nasionale Park, mnre. Festus Simon, Johannes Valombola en Efraim Malakia, is op 18 Februarie by Okahao in hegtenis geneem. Volgens die polisie is twee renosterhorings, twee .303-jaggewere, 30 patrone en 'n voertuig gekonfiskeer.
Hulle word aangekla van die onwettige jag van 'n spesiaal beskermde wild ('n renoster), onwettige betreding van 'n wildpark, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie sonder 'n lisensie, en sameswering om 'n renoster te jag.
Volgens die wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die intelligensie en ondersoekeenheid van die ministerie van die omgewing en toerisme, is altesaam 13 vermeende wildmisdadigers verlede week in hegtenis geneem en vyf nuwe sake is aanhangig gemaak.
LIKKEWAAN
Verlede week is altesaam een likkewaan, 58 patrone, vyf vuurwapens en een voertuig gekonfiskeer.
Die likkewaan is glo verlede Woensdag in die besit van mnre. Joseph Nekome en Mpepo Mauze by Kahenge gevind.
Drie vermeende smokkelaars van ietermagôvelle is verlede week in die Windhoekse landdroshof in Katutura op borgtog vrygelaat.
Mnre. Mario Simataa en Davison Malambo het verlede Maandag in dié hof op klagte van die onwettige handel in twee ietermagôvelle verskyn. Hulle het borgtog van N$2 000 elk gekry en hul saak is tot 17 Maart vir pleit- en verhoordoeleindes uitgestel.
Mnr. Andreas Hausiku is verlede Dinsdag op borgtog van N$4 000 vrygelaat nadat hy beskuldig is dat hy handel in drie ietermagôvelle gedryf het. Hy verskyn weer op 18 Augustus vir pleit- en verhoordoeleindes.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie