Drie supermane om 2016 af te sluit
Drie supermane om 2016 af te sluit

Drie supermane om 2016 af te sluit

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Sterrekykers kan in die volgende drie maande uitsien na drie supermane, terwyl die maan op 14 November sy naaste punt aan die aarde sedert die begin van die 21ste eeu sal bereik.

Dit sal dan net sowat 356 509 km ver wees en sal eers teen 2034 weer só naby aan die aarde kom.

Die astroloog Richard Nolle het sowat dertig jaar gelede vir die eerste keer van ’n ‘supermaan’ gepraat – wanneer ’n nuwe of volmaan voorkom terwyl die maan op sy naaste punt aan die aarde verby beweeg.

Volgens hierdie definisie kom tussen vier en ses supermane per jaar voor. Earthsky.org berig die ander supermane sal tydens volmaan komende Sondag en 14 Desember vanjaar gesien kan word.

Die supermaan in Oktober staan ook as die reismaan of bloedmaan bekend.

Terselfdertyd sal die planeet Uranus komende Saterdag opposisie bereik, wat beteken dit sal min of meer op ’n reguit lyn met die aarde en son voorkom en ook sy naaste punt aan die aarde bereik, berig in-the-sky.org.

In Namibië sal dit vanaf sowat 20:24 tot 04:50 sigbaar wees en vir ’n paar maande op sy helderste in die naghemel vertoon. Die blou-groen planeet is egter baie ver van die aarde geleë en sal deur die gemiddelde teleskoop slegs soos ’n klein kolletjie lyk.

Die Orionids-sterrereën, ’n gemiddelde skouspel waartydens sowat twintig verskietende sterre op die beste in ’n uur gesien sal kan word, bereik op die nag van 21 en die oggend van 22 Oktober sy hoogtepunt.

Dit word veroorsaak deur stofdeeltjies wat deur Halley se komeet agtergelaat word.

Na verwagting kan die teenwoordigheid van die maan egter die skouspel effens belemmer, maar die sterrereën bied dikwels helder verskietende sterre en kan ook vanaf 2 Oktober besigtig word. Dit kom op 7 November tot ’n einde.

Bronne in-the-sky.org en earthsky.org.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!