Drie van Okahandja se bestuurskomitee vas vir korrupsie
Die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het drie lede van die bestuurskomitee van die munisipaliteit op Okahandja vir korrupsie vasgetrek. Die drie, Gideon Uwu-Khaeb (voormalige voorsitter), Helmi Maruru en Hileni Iita (albei komiteelede) word beskuldig van ongerymdhede met die werf en aanstelling van 'n hoof by die munisipaliteit.
Hulle het in die landdroshof op die dorp verskyn en is elk borgtog van N$10 000 toegestaan. Die saak is vir regsverteenwoordiging tot 15 Maart uitgestel.
Hulle het in die landdroshof op die dorp verskyn en is elk borgtog van N$10 000 toegestaan. Die saak is vir regsverteenwoordiging tot 15 Maart uitgestel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie